Die B­rit­te het al van ons i­dees gebruik

Sarie - - Hieroor Praat Ons - El­ma­rie

Vir die pro­gram se tien­de ver­jaar­dag word drie e­pi­so­des oor die suksesverhale oor drie we­ke in Ok­to­ber uit­ge­saai*. El­ma­rie ver­tel se­dert die eer­ste reeks is tien hu­we­li­ke in Suid-a­fri­ka vol­trek – se­we wat ontstaan het uit ver­fil­ming en drie waar boe­re met brief­skry­wers ge­troud is, en ve­le meer in­di­rek as ge­volg van die reeks. Twee hu­we­li­ke het nie uit­ge­werk nie, maar dit is deel van die le­we, meen sy fi­lo­so­fies.

Daar is ho­pe uit­da­gings, on­der meer “om met in­te­gri­teit die pro­gram aan te pak, ver­al om­dat jy in men­se se per­soon­li­ke ruim­te skiet”. Ge­woon­lik word werk­lik­heids­pro­gram­me op neu­tra­le ter­rein soos ’n ei­land ( Sur­vi­vor) ge­skiet. “Maar in mens se in­tie­me ruim­tes word hul­le nóg meer bloot­ge­stel. En ont­hou, geen geld of pry­se is be­trok­ke nie. Slegs ’n po­ten­si­ë­le lief­des­ver­hou­ding. Jy moet sen­si­tief met hul e­mo­sies werk.”

Baie raak soos fa­mi­lie, ver­tel sy, en bel ná die reeks vir raad of ge­sel­sies.

El­ma­rie is vyf maan­de van die jaar, van A­pril tot ein­de Au­gus­tus, weg van die huis en het van­jaar al so­wat 38 000 km af­ge­lê. “Jy werk van twaalf tot ses­tien uur per dag, ses dae per week. Soms won­der jy of dit die moei­te werd is want jy het bit­ter min per­soon­li­ke tyd, maar dit maak dit mak­li­ker om­dat ek ander kan help. My twee span­joe­le, Mar­mi­te en Tof­fie, kry op­pas­sers, en ge­luk­kig aan­vaar my vriende dat ek baie weg is.”

Die be­lang­rik­ste ver­eis­tes vir dié werk, meen sy, is men­se­ken­nis, men­se­ken­nis, men­se­ken­nis, in­te­gri­teit, self­ver­troue, sterk lei­ers­ei­en­skap­pe en ’n ge­wil­li­ge oor.

“Die pro­gram laat jou groei en na­dink oor die le­we. Dit het my ge­leer om al­mal te aan­vaar en eers o­pi­nies te vorm wan­neer ek men­se se ge­skie­de­nis be­ter ver­staan.

“Die te­le­vi­sie- en rol­prent­wê­reld is ’n taw­we wê­reld. Maar om sto­ries te ver­tel is wat ons mens maak, of dit nou ander se sto­ries of ons eie is.”

* Die 10de reeks be­gin op 2 No­vem­ber om 20:00 op kyknet (Dstv-ka­naal 144). Die her­den­king­se­pi­so­des word op on­der­skei­de­lik 12, 19 en 26 Ok­to­ber om 20:00 uit­ge­saai.

Re­gis­seur Ro­ber­ta Dur­rant (links) en Dorot­hea by Jau­nus Mo­ham­bie, wat die jong Do­man ver­tolk. Dorot­hea Da­vids by die première van Kro­toa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.