Dalk is daar ’n gro­ter vraag na siel­kun­di­ges

Sarie - - Hieroor Praat Ons - prof. Fou­rie BY­KO­MEN­DE BRON­NE uk.bu­si­nes­sin­si­der.com, itweb.co.za, ti­me.com

Haar­kap­pers is ’n goeie voor­beeld, sê prof. Fou­rie. “Dis ’n so­si­a­le in­stel­ling, méér as bloot die ak­sie van ha­re sny. Werk­ge­leent­he­de wat sul­ke so­si­a­le diens­te bied, gaan nooit heel­te­mal ver­dwyn nie.”

Vol­gens hom laat die so­si­a­le me­dia baie men­se af­ge­sny voel van die werk­lik­heid – en baie al­leen. “Daar kan dalk in die toe­koms ’n gro­ter vraag na siel­kun­di­ges, leef­styl­af­rig­ters en loop­b­aan­kon­sul­tan­te wees.”

Of troos ons ons­self net? Ja, ro­bot­te is koud, kli­nies, sê prof. Mey­er. Maar hoor hier: “ELIZA, ’n Ai-pro­gram wat in die ses­ti­ger­ja­re ont­wik­kel is, het beslis geen em­pa­tie ge­had nie. Dit was maar ’n een­vou­di­ge pro­gram­me­tjie. Tog het baie men­se wat met haar in­ter­ak­sie ge­had het, die per­sep­sie ge­kry dat sy em­pa­tie het. Dalk is dit al wat ons no­dig het.” ’n Ro­bot as Dr. P­hil?

Ro­bot­te s­taan reeds in as seks­maats. Dit het in­der­daad so ge­so­fis­ti­keerd ge­raak dat dit ’n be­drei­ging vir die wê­reld se oud­ste be­roep is, skryf die toe­koms­kun­di­ge dr. Piet Mul­ler op Net­werk24. “Seks­bot­te” word ge­maak van ’n nu­we ma­te­ri­aal, Cy­bers­kin, wat baie die­self­de as mens­li­ke vel voel. Dit kan selfs tot mens­li­ke tem­pe­ra­tuur ver­hit word en vloei­stow­we af­skei. Voeg hier­by kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie en jy het ’n “vrien­din” wat soos ’n reg­te mens voel, re­a­geer, praat en ge­lui­de maak. En boon­op ge­pro­gram­meer kan word om jou sek­su­e­le voor­keu­re te ont­hou en daar­vol­gens te re­a­geer, skryf hy. Soos C­liff Ri­chard toe­ka al ge­sing het: “Got my­self a crying, tal­king, sleep­ing, wal­king, li­ving doll.”

Troos jou­self daar­aan: AI se ver­mo­ëns is tans nog baie beperk en ver­al kre­a­tie­we den­ke is nie moont­lik nie. Dis dalk juis waar die ge­leent­he­de vir die mens lê, by die ont­gin­ning daar­van.

Ons kre­a­ti­wi­teit en on­der­ne­mings­gees is beslis ’n sterk punt, sê prof. Fou­rie. Hoe­wel ma­sjie­ne al prag­ti­ge mu­siek kan skryf en skil­de­rye verf, is dit die mens wat nu­we en­tre­pre­neur-i­dees ont­wik­kel en in wer­king stel. “Vir eers is ro­bot­te baie goed met ta­ke waar­voor hul­le spe­si­fiek ge­skep word. Maar die tegnologie is nog nie daar waar dit al die ta­ke van die mens kan na-aap nie.”

Ons moet ons vre­se be­sweer so­dat ons die mees­te uit die tegnologie en ons­self kan put, skryf Kas­pa­rov in sy boek. In­tel­li­gen­te ma­sjie­ne gaan toe­ne­mend meer ge­rin­ge as­pek­te van kog­ni­sie oor­neem, ter­wyl ons ons gees­tes­le­we kan ver­ryk met kre­a­ti­wi­teit, nuus­kie­rig­heid, skoon­heid en vreug­de. “Dís wat ons waar­lik mens maak, en nie spe­si­fie­ke ak­ti­wi­tei­te of vaar­dig­he­de soos die swaai van ’n ha­mer – of selfs die speel van skaak nie.”

Dus: Ons be­ter daar­aan ge­woond raak. En daai golf ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.