Wen

Sarie - - Blokraai -

5 ge­luk­ki­ge SARIE­le­sers kan elk die boek 30 deur Her­man Len­sing (Hu­man & Rous­seau, R325) wen.

Dié ge­wil­de SARIE­kos­re­dak­teur en aan­bie­der van Tv-pro­gram­me soos In­spi­ra­sie­kos met SARIE vier sy 30ste ver­jaar­dag op al­ler­han­de ma­nie­re, waar­van kos na­tuur­lik die be­lang­rik­ste is. In 30 is by­voor­beeld 30-mi­nu­te-re­sep­te, die 30 din­ge wat jy van wyn moet weet, en wen­ke hoe om jou ge­bak te laat skit­ter. Ook 30 goeie ge­woon­tes, din­ge wat sy ma hom nooit ver­tel het nie, ma­nie­re om ge­sond te bly en meer.

Die re­sep­te word ge­rang­skik in die af­de­lings brood, maal­vleis, graan, pas­ta, vark­vleis, tu­na, skaap­vleis en hoen­der. By elk van dié af­de­lings is daar ook vier “moet-maak”-re­sep­te.

Nog 5 ge­luk­ki­ge Sarie-le­sers kan elk

Gis­ter is ver­by deur Ju­a­ni­ta Ag­gen­bach (Hu­man & Rous­seau, R260) wen.

In hier­die deer­nis­vol­le ver­hou­dings­ro­man oor bors­kan­ker en die in­vloed daar­van op ver­hou­dings stort Na­di­ne se wê­reld in duie wan­neer ’n dood­ge­wo­ne dok­ters­af­spraak ’n skrik­wek­ken­de von­nis op­le­wer. Skie­lik moet sy nie net die aan­slae van bors­kan­ker op haar ge­sond­heid, mens­lik­heid en vrou­lik­heid leer han­teer nie, maar ook die re­ak­sies van hul vrien­de­kring en haar man, Pier­re.

Ook Pier­re voel mag­te­loos. Hy soek des­pe­raat na ant­woor­de en be­gin stel­sel­ma­tig sy plek in hul ver­hou­ding be­vraag­te­ken. Hoe het hul on­der­skeie rol­le bin­ne hul hu­we­lik ver­an­der? Sal hul­le ooit een­dag ou­ers kan wees? Hoe leer hul­le om me­kaar weer op­nuut te on­der­steun? In dié boek wys Ag­gen­bach hoe ge­lief­des, te mid­de van tal­le strui­kel­blok­ke, kan groei en saam sterk kan word.

Slui­tings­da­tum: 30 No­vem­ber 2017

OM DEEL TE NEEM: Die blo­kraai­sel op bl. 118 is die een wat jy moet vol­tooi om vir die pry­se in ons wed­stryd in aan­mer­king te kom. Werk­ne­mers en hul ge­sin­ne van Nb-uit­ge­wers, Me­dia24 (SARIE se moe­der­maat­skap­py) en hul re­kla­me­maat­skap­pye mag nie aan die wed­stryd deel­neem nie. Die pry­se is nie vir kon­tant om­ruil­baar nie. SARIE bied die wed­stryd na­mens Nb-uit­ge­wers as ’n diens aan haar le­sers aan. Nb-uit­ge­wers voor­sien en is ver­ant­woor­de­lik vir die pry­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.