SA kol­lig: Dié 6 ak­tri­ses laat se­pie­wê­reld gons

Hul­le is jonk, mooi, en ge­reel­de ge­sig­te op TV . . . dié ak­tri­ses is op pad na groot din­ge

Sarie - - Inhoud - DEUR DE­LIA DU TOIT EN SUZETTE TRUTER FOTO PHYLLIS G­REEN EN WIL­LEM LOU­RENS STILERING FA­NIE CRON­JÉ

O­m­jou stem­pel as jong ak­tri­se af te druk is nie mak­lik nie – dit verg ta­lent, harde werk, en daai It- fak­tor wat moei­lik is om te de­fi­ni­eer. Maar dié ak­tri­ses het al hier­die ei­en­skap­pe in oor­maat. Van die nu­we ge­sig­te op die to­neel het hul­le oor­nag sen­tra­le en ge­reel­de fi­gu­re ge­word waar­om baie sto­rie­ly­ne in hul on­der­skeie se­pies ge­bou word – en nog ge­bou gáán word.

In Bin­ne­lan­ders, Suid­oos­ter en 7de Laan hou ky­kers hul­le aand ná aand dop om te sien wat dié ka­rak­ters aan­vang – of sy nou ’n ge­lief­de rol­mo­del is of dáái vrou wat al­mal met groot smaak ver­pes.

Van die stel af be­gin hul­le ook naam maak as styl- en so­si­a­le i­ko­ne, som­mi­ge met dui­sen­de vol­ge­lin­ge, hul eie skoon­heids­pro­duk­te en selfs oe­fen­pro­gram­me! Die eer­ste kom­men­taar wat Pas­cal aan­lyn oor haar ka­rak­ter, Kar­li, ge­sien het, was: “Sy’t so ’n reg­te moer-my-ge­sig­gie.” Sy lag da­rem as sy dit nóú, vier jaar la­ter, ver­tel. “Kyk, sy’t mý selfs ge­ïr­ri­teer in daar­die dae. Sy was jonk en be­derf, kin­der­ag­tig en on­ver­ant­woor­de­lik, en het aan­hou­dend goed soos ‘ hashtag a­ma­ze­balls’ ge­sê. Nou nog noem men­se my soms die hashtag- mei­sie.”

Ge­luk­kig het Kar­li in­tus­sen ou­er ge­word en meer be­wus van haar ge­drag ge­raak, en nou is daar ’n he­le paar

Bin­ne­lan­ders het my weer self­ver­troue ge­gee Pas­cal Pie­naar ( Bin­ne­lan­ders se Kar­li du P­reez)

< oor­een­koms­te tus­sen die ak­tri­se en ka­rak­ter. “Ek is 28 en Kar­li 26, so ek is net so ’n kort­kop voor haar. Soos sy is ek nie op my mond ge­val nie en ek sal vir my­self op­staan as ek moet. En ek’s ’n bie­tjie hard­kop­pig. Ek glo soos sy dat die le­we oor meer as net werk gaan. Om pret saam met my fa­mi­lie en vriende te hê is vir my be­lang­rik.”

Tog was haar werk en to­neel­spel nog al­tyd Pas­cal se groot lief­de. “Ek was ’n plaas­kind op Mid­del­burg in M­pu­ma­lan­ga, maar was al­tyd be­sig om ka­rak­ters op te maak en ge­sigs­uit­druk­kings te oe­fen. Ek het dra­ma­klas­se ge­loop en aan kuns­wed­stry­de deel­ge­neem.”

Ná haar dra­ma­stu­dies aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch het din­ge eg­ter moei­lik ge­gaan. “Ek het in my hon­neurs­jaar my ha­re af­ge­skeer vir ’n to­neel­stuk, en toe kan ek nie werk kry nie – nie eens ’n a­gent nie. Men­se het aan­hou sê my ‘ look’ is ver­keerd. Tot Bin­ne­lan­ders. Ek was toe al lus om die be­dryf te ver­laat, maar die se­pie het my le­we ver­an­der en my weer self­ver­troue ge­gee. Ek ge­niet dit vrees­lik!”

Dees­dae is sy juis be­kend vir haar voor­koms, wat ge­lei het tot ’n nu­we pro­jek: Sy het in Sep­tem­ber ’n ge­skenk­pak met al haar guns­te­ling-skoon­heids­pro­duk­te en -gri­me­ring be­gin ver­koop. ( Volg haar op Fa­ce­book en In­sta­gram vir meer.) Om die feeks te wees, sê Cin­dy, is “heer­lik”. “Ek wou nog al­tyd só ’n rol speel. Dis nie nood­wen­dig mak­li­ker nie, maar dis uit­da­gend en in­te­res­sant. Prin­ses­se is tog so ver­ve­lig – ek ver­kies ’n heks!”

As ky­kers maar net óók so ge­voel het. “Men­se los soms baie le­li­ke kom­men­taar oor An­ne­li­ze op so­si­a­le me­dia. Dit pla my, om­dat dit my laat won­der of daar dan so­veel bit­ter­heid in ons land is dat só iets ’n uit­laat­klep ge­word het.

“En dan is daar die men­se wat nie da­de­lik be­sef ek is net ’n ak­tri­se wat ’n werk doen nie – hul­le dink ek is ook só. Toe ek van­jaar deel was van ’n Vrou­e­dag­ver­to­ning op Pot­gie­ters­rus [Mo­ko­pa­ne], het ’n vrou vir my kom sê: ‘Ek gaan jou klap!’ Haar han­de het som­mer so ge­be­we van woe­de.”

Sy en haar ka­rak­ter kan eg­ter nie meer ver­skil nie, sê Cin­dy. “Ek moet soms e­mo­sies uit­krap wat ek glad nie ken nie. An­ne­li­ze is ’n ver­leid­ster, sy skel vin­nig, sy’s ja­loers en steek men­se in die rug. Maar ek gee tog om vir haar. Ek dink men­se ver­staan haar nie, sy is eint­lik ie­mand wat net styf vas­ge­hou moet word.”

Tog is sy bly sy het haar­self as ak­tri­se ge­ves­tig voor sy dié rol twee jaar ge­le­de, op 33, ge­kry het. “Ek dink die mees­te men­se be­sef da­rem ek ís nie An­ne­li­ze nie. My rol­le in ver­al die rol­prent Bal­la­de vir ’n en­ke­ling [as My­si Mool­man] en die kyknet-se­pie Ge­troud met rug­by [as Buula] het ge­help.”

En nou pak Cin­dy ’n nu­we uit­da­ging aan – as ’n gas op fiks­heids­ghoe­roe Lin­da K­riel se nu­we oe­fen-dvd wat in No­vem­ber ge­skiet word. (Lin­da was aan­bie­der van die des­tyd­se Bo­dy Be­at op die Sauk-og­gend­pro­gram Goei­e­mô­re, Suid-a­fri­ka.) “Ek kan nie wág nie!” sê sy. “Selfs al is ek baie lief vir oe­fen, gaan ek nog ek­stra draf­ses­sies in­werk. Lin­da is ’n i­koon en ek kan nie af­steek nie.” Vashti het al haar stem­pel af­ge­druk as Da­niel­le Hen­dricks, ’n quir­ky, soms los­kop-mei­sie met ’n ver­steek­te diep­te op die Suid­oos­ter- stel. “Ons is eint­lik baie die­self­de . . . be­hal­we, ek flirt en soen meer!” skerts sy.

Sy was nog al­tyd ’n per­for­mer, al het sy nie op skool in Kuils­ri­vier aan to­neel deel­ge­neem nie. “Daar was kla­vier, or­kes, de­bat, die Ty­ger­berg-kin­der­koor, en reg­deur ho­ër­skool was ek in die S­tel­len­berg-mei­sie­skoor, wat wê­reld­kam­pi­oe­ne was. Ek het ook dans­pas­sies uit­ge­werk en my eie lied­jies ge­skryf.”

Vashti was nog ver­le­de jaar be­sig met haar hon­neurs­graad in to­neel­spel aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch, toe sy in No­vem­ber haar eer­ste amp­te­li­ke dag op stel be­leef het. Die rol­ver­de­ler terg haar tot van­dag toe nog oor haar des­tyd­se ou­di­sie. “Ek was ’n se­nu­wee­wrak – toe ram­mel ek voort en gig­gel en voel on­ge­mak­lik, al­les in een . . . maar dalk was dit wat Dan­ni no­dig ge­had het!”

Haar groot­ste uit­da­ging tot dus­ver is die vin­ni­ge se­pie-pas. “Met te­a­ter het jy baie meer tyd om voor te be­rei wan­neer jy ’n spe­si­fie­ke e­mo­sie moet uit­beeld. Hier moet jy tus­sen op­na­mes van een na die ander e­mo­sie spring en dit eg hou – dis moei­lik.”

Sy is al vir ’n kyknet Fi­ës­ta vir bes­te op­ko­men­de kuns­te­naar be­noem vir haar spel in die ver­hoog­stuk Die Gang­sters. Eers het sy on­der druk ge­voel om te be­wys dat haar be­noe­ming wel­ver­diend was, maar nou mo­ti­veer dit haar net om meer te be­reik.

Sy be­skryf dit as ’n hoog­te­punt om al­mal op stel be­ter te leer ken. “Dis so sti­mu­le­rend, want al­mal in­spi­reer en daag jou en jou den­ke uit.”

Haar twee sus­ters, Xi­tha Prins en Yoshka da Sil­va, is bit­ter trots op hul jong­ste sus­sie, al kan ’n uit­stap­pie van vyf mi­nu­te dees­dae mak­lik in een van der­tig mi­nu­te ont­aard. “Ek het min­der pri­vaat­heid, maar dis won­der­lik om te weet dat dit wat jy doen ander so ge­luk­kig kan maak.”

As sy e­ni­ge sto­rie­lyn vir Dan­ni kon be­dink? “Sy is ge­woon­lik so vol po­si­tie­we e­ner­gie, dit sal dalk in­te­res­sant wees om vir ’n ruk­kie haar don­ker­der kant vir ky­kers te wys!”

Ek moet soms e­mo­sies uit­krap wat ek nie ken nie Cin­dy S­wa­ne­poel ( Bin­ne­lan­ders se An­ne­li­ze Roux) Al­mal op stel in­spi­reer en daag jou uit Vashti Prins ( Suid­oos­ter se Da­niel­le Hen­dricks)

Si­mo­ne (33) se le­we het baie ver­an­der se­dert sy in 2015 in Suid­oos­ter be­gin speel het. “Ek’t uit my ou­er­huis op S­tel­len­bosch Kaap­stad toe ge­trek en moes leer om op my eie twee be­ne te s­taan. Ek is ’n in­tro­vert, en al hou ek baie van men­se, is my al­leen­tyd net so be­lang­rik. Om in die o­pen­baar te wees is nou deel van my werk – die feit dat ek her­ken word, het ge­maak dat ek mak­li­ker oop­maak teen­oor men­se.”

Sy be­skryf haar ka­rak­ter, Bi­an­ca Fou­rie, ’n en­kel­ma, as sterk dog sen­si­tief. “Sy ba­klei vir wat sy wil hê, maar pro­beer tog al­tyd din­ge van­uit die ander par­ty se oog­punt sien. Ons raak­pun­te is dat ons al­bei baie ver­ant­woor­de­lik is, al­tyd ’n stuk­kie raad vir ie­mand in ’n kri­sis het, en nie mak­lik op­gee as ons iets wil be­reik nie.”

Sy is ná haar dra­ma­stu­dies aan die US vir baie rol­le weg­ge­wys, maar sy het net vol­hard. “Daar was tye dat ek my droom wou laat vaar, maar ek’t diep bin­ne my ge­weet dis wat ek wou doen. Ek is nog meer ge­dryf om vas te byt toe my ma en ’n groep ma­trieks van my ou skool na my ver­to­ning Ver­ska­ba­ret by die Kuns­te­kaap-te­a­ter kom kyk het. Die leer­ders kon nie glo ek kom uit die­self­de ge­meen­skap as hul­le nie. Ek het be­sef daar is kin­ders wat reg­tig nie glo jy kan uit­styg as jy streef na iets en al­les in­sit nie.”

Op die Suid­oos­ter- stel is baie men­tors, maar sy het ver­al een stuk­kie raad by San­dra Tem­mingh, wat soms di­a­loog-af­rig­ter is, ge­kry: “Sy het ge­sê dis goed dat ek hard werk, maar ek moet ook leer ver­trou.”

Si­mo­ne is ge­luk­kig waar sy nou is. “Ek pro­beer om in die oom­blik te leef. Die le­we sal my vat waar dit moet, op die reg­te tyd. Ek maak dus nie toe­koms­plan­ne nie.”

In haar vrye tyd doen Si­mo­ne buik­dans­klas­se – “dis die per­fek­te oe­fe­ning en help met ’n goeie lig­gaams­beeld en self­ver­troue”. Sy is lief vir ta­le, praat Duits en leer nou I­ta­li­aans. “Ek’t ’n aan­voe­ling vir skryf, ver­al ge­dig­te. My mees on­lang­se ge­dig was vir my ou­ma, wat ek in Ju­nie ver­loor het.” Sy ont­hou haar eer­ste dag op stel nog soos gis­ter, sê K­ris­ten. “Ek was ’n bon­del­tjie se­nu­wees – só erg dat toe Hen­nie Ja­cobs [Die­de­rik] my kom groet, ek skoon sy naam ver­geet het!” lag sy. “Dit was op my twin­tig­ste ver­jaar­dag in Mei ver­le­de jaar en ek het net een lyn, ‘Hal­lo, Sam, het julle na my ver­lang?’, ge­had. Toe ek dit moet sê, was my mond kurk­droog.”

Maar sy het dit dui­de­lik baie goed oor­ge­dra, want van­dag is haar ka­rak­ter, die bor­re­len­de blon­de A­mo­rey, ’n sen­tra­le fi­guur in die Laan.

K­ris­ten is steeds soms ver­baas oor haar by­na oor­nag­suk­ses. “Ek voel vrees­lik lucky. As kind het ek drama ge­niet en aan dra­ma­kom­pe­ti­sies soos die Eis­ted­fodd deel­ge­neem, maar in ’n plek soos Nel­spruit is daar nie vrees­lik baie ge­leent­he­de nie. Toe, in graad elf, was die mu­siek­ver­vaar­di­ger Mur­ray Lub­be, ’n oud­leer­ling van die Ho­ër­skool Nel­spruit, be­trok­ke by ons re­vue. Hy het my aan­be­veel vir ’n ou­di­sie vir die mu­siek­bly­spel Reik na die ster­re. Ek kry toe die hoofrol – nog­al teen­oor die san­ger Wil­lem Botha, en in die S­taats­te­a­ter!

“Daar het ’n a­gent my raak­ge­sien en my as kuns­te­naar by sy a­gent­skap laat te­ken toe ek ag­tien word. En dís hoe ek die ou­di­sie vir 7de Laan los­ge­slaan het.”

Sy en A­mo­rey ver­skil baie, ver­tel K­ris­ten. “Ek’s baie rus­ti­ger en stil­ler as A­mo­rey en lug nie som­mer my me­ning soos sy nie. Sy is spran­ke­lend en word daar­om by­na e­nig­iets toe­ge­laat, maar dit maak haar ook on­vol­was­se. Ek is weer ’n ou siel.”

A­mo­rey het eg­ter ook ge­groei in K­ris­ten se tyd op stel, en dit sorg vir op­win­den­de sto­rie­ly­ne. “Sy het beslis ’n groot sprong ge­maak van­dat sy daar aan­ge­kom het as ’n stu­dent wat pas ge­pluk het. Sy’s min­der cheeky en be­gin ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar vir haar be­slui­te. Ek sien daar­na uit om te sien hoe sy ont­wik­kel.” Ver­le­de jaar het haar le­we heel­te­mal ver­an­der, ver­tel Ca­ri­na (29). In die­self­de jaar dat sy haar groot­ste rol nog los­ge­slaan het, as A­mo­rey se sus­ter A­lexa in die Laan, is sy boon­op ge­troud. “Dit was ’n fan­tas­tie­se jaar, maar só be­sig dat ek van­jaar nie weet wat om met al my vrye tyd aan te vang nie! Ek en my man, De­on Na­gel, het ook ’n huis ge­koop in P­re­to­ria en ons le­wens saam be­gin bou – voor dit het ek nog by my ou­ers ge­woon.”

Boon­op was A­lexa nie ’n mak­li­ke ka­rak­ter om te speel nie, sê sy. “Sy is ’n baie ge­ma­tig­de mens. ’n Per­fek­si­o­nis en rol­mo­del, die dok­ter wat al­tyd die reg­te ding doen. Sy’s beslis meer kon­ser­wa­tief en skaam as ek. Ek wens soms sy wil net uit haar kas­sie klim!”

Maar toe kry Ca­ri­na ’n twee­de rol in die se­pie – dié van A­lexa se twee­ling­sus­ter, A­man­da, en sy kon lek­ker rond­speel. “A­man­da is so wild as wat A­lexa preuts is, en heel wacky. Dis baie lek­ker om ’n ka­rak­ter te speel wat jou druk om iets heel­te­mal an­ders te doen.”

Sy is net dank­baar dat ky­kers van A­lexa hou, sê Ca­ri­na. “Sy is nou deel van baie sto­rie­ly­ne en dit gee my die ge­leent­heid om el­ke dag to­neel te speel. Voor A­lexa het ek vir twee jaar die rol van I­sa­bel­la in die Sa­bc1-se­pie Ge­ne­ra­ti­ons ver­tolk tot­dat ons af­ge­lê is, so dis vir my lek­ker om be­sig te wees.”

Wan­neer sy nie werk nie, reis sy en haar man en fa­mi­lie graag saam. “Ons is a­von­tuur­lus­ti­ge men­se en hou daar­van om nu­we plek­ke in Suid-a­fri­ka en die bui­te­land te ont­dek. Dié De­sem­ber gaan ons ski in Duits­land en dan ook in Bel­gië en Ne­der­land toer. En tus­sen­deur ry ek en my ma, Da­le­ne, ge­reeld P­re­to­ria plat op soek na nu­we plek­ke met lek­ker cap­puc­ci­no.”

Ek maak nou mak­li­ker oop teen­oor men­se Si­mo­ne Bis­com­be ( Suid­oos­ter se Bi­an­ca Fou­rie) Ek sien daar­na uit om te sien hoe sy ont­wik­kel K­ris­ten Raath ( 7de Laan se A­mo­rey Wel­man) Ek is dank­baar dat C­kayr­ki­nea rn­se 7a­dae rl ak­aan rsa­e­kat­leexra W­geelm­ni­a­en) t lh (

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.