Moei­li­ke men­se: Ont­dek jóú aan­deel

Hoe­kom is som­mi­ge men­se so ‘moei­lik’? won­der jy. Hul­le druk net mooi al jou ver­keer­de knop­pies. Dit kan jou skoon­ma wees, of ’n win­kel­as­sis­tent. Die ant­woord is dalk nie wat jy ver­wag nie . . .

Sarie - - Inhoud - DEUR LY­DIA VAN DER MER­WE

“Daai­ont­vangs­klerk by die vee­arts maak my só die jo­sie in.” ’n Vrien­din met ’n huis vol die­re wat die vee­arts se drum­pel deur­trap.

“El­ke keer dat ek vir ’n af­spraak bel, sê sy: ‘Dok­ter is vol van­dag.’ En as ek vra of ek nie net vin­nig kan in­glip nie, her­haal sy op die­self­de mo­no­toon stem­toon: ‘Dok­ter is vol van­dag.’ Die vo­ri­ge ont­vangs­klerk het my al­tyd ie­wers in­ge­druk. Hoe lank kan dit nou neem om ’n kat in te spuit?”

Só skaaf hul­le me­kaar. Die ont­vangs­klerk se­ker han­de in die ha­re oor die kli­ënt wat, só re­ken sy, spe­si­a­le be­han­de­ling ver­wag. Ter­wyl my vrien­din haar die he­le die­re­wê­reld se lief en leed aan­trek. En meer sa­me­wer­king ver­wag van die plek wat ’n groot hap van haar sa­la­ris in­sluk.

Moei­li­ke men­se is o­ral, in elk­een van ons se le­we. Die kol­le­ga wat nie haar deel doen nie. Skoon­ma wat jou im­mer skeef aan­kyk. Jou sus­ter wat on­der jou neus vryf hoe suk­ses­vol sy is. Jóú sie­ning.

Dit hoef ook nie net per­soon­li­ke ver­hou­dings te wees nie. Daar is bv. die ver­koops­per­soon by die skoon­heids­pro­duk­te­toon­bank wat jou laat voel jy is nie heel­te­mal aan­vaar­baar as jy nie daar­die spe­si­fie­ke rooi lip­stif koop nie. Of die een in die duur kle­re­win­kel wat jou met een kyk weeg en (jou beur­sie) te lig be­vind. Ja, ’n rok daar kos meer as ’n maand se sa­la­ris, maar wie is sy om haar aan te stel? Só mor jy. Ons le­we be­staan el­ke dag uit ’n swet­ter­joel ver­hou­dings. Elk­een met die po­ten­si­aal om in ’n klein oor­log­so­ne te ont­aard. Want dit het met elk­een se vre­se en on­se­ker­he­de te doen. Jou­ne. En die ander een s’n. Dis on­af­wend­baar dat waar men­se ook al met me­kaar te doen kry, ge­drag we­der­syds ’n im­pak gaan hê, vol­gens Wi­ri­ka Field, siel­kun­di­ge van Ma­ga­lies­kruin, P­re­to­ria.

So­si­a­le uit­da­gings, noem Mar­li­ze Hep­pell, siel­kun­di­ge van K­lerks­dorp, dit. E­ner­syds is daar men­se wat in hul daag­lik­se doen en la­te nie veel so­si­a­le in­tel­li­gen­sie het nie en met ge­brek­ki­ge em­pa­tie hul ta­ke ver­rig. Dis as­of hul­le só toe­ge­spits is op die taak op han­de, dat hul­le die mens ag­ter die ge­sprek of tran­sak­sie mis­kyk. An­der­syds speel jou eie ge­moeds­toe­stand ook ’n rol in hoe jy jou eie so­si­a­le in­ter­ak­sies waar­neem. As jy self nie ’n goeie dag be­leef nie en min­der lek­ker voel oor jou­self en die wê­reld, kan jou vel maar bra dun wees.

Ons be­oor­de­ling van ’n si­tu­a­sie is dus bai­e­keer nie ob­jek­tief nie. Daar­om het jy dik­wels nie die­self­de er­va­ring as jou vrien­din of buur­vrou nie. Ie­mand wat jou op jou tan­de laat kners, is dalk vir hul­le heel aan­ge­naam. “Kan jy daai ont­vangs­klerk se hou­ding glo!” “Huh? Hoe nou?”

“Julle het elk­een ’n u­nie­ke ver­wy­sings­raam­werk en eie re­a­li­teit wat saamgestel is uit jul er­va­rings, per­soon­lik­heid, om­stan­dig­he­de, ge­moed­stem­ming, le­wens­uit­kyk, kom­mu­ni­ka­sie­styl, vre­se, on­se­ker­he­de, ens.,” ver­dui­de­lik Wi­ri­ka.

“Om­dat ons neig om ander se ge­drag van­uit ons on­der­skeie ‘re­a­li­tei­te’ te in­ter­pre­teer, maak ons dik­wels aan­na­mes oor die ander een se be­doe­ling. Daar­die aan­na­mes strook nie nood­wen­dig met die werk­lik­heid nie – en kan lei tot mis­ver­stan­de en e­mo­si­o­ne­le on­ge­mak.”

Se­ke­re men­se druk boon­op al jou ver­keer­de knop­pies, jy is klaar vies nog voor hul­le iets ge­sê het, ver­dui­de­lik Mar­li­ze. Met el­ke mens­li­ke in­ter­ak­sie hard­loop jou brein deur ’n mag­dom sce­na­rio’s wat jy reeds voor­heen be­leef het. En die e­mo­sies ge­kop­pel aan daar­die her­in­ne­ring, kleur as’t ware jou aan­vank­li­ke re­ak­sie. “Dis be­lang­rik dat jy die ander een ’n reg­ver­di­ge kans gee. Pa­s­op vir men­se in kas­sies druk.”

Nê­rens geld dit meer as by voor­koms nie. Net om­dat ie­mand ’n dik goue ket­ting om sy nek dra en goud in sy tan­de het, is dit nie ’n aan­dui­ding van ’n vals front nie. Of dat ie­mand son­der tan­de dom is nie, sê sy. Moet dus nie men­se op hul baad­jie tak­seer nie.

Mar­li­ze ver­dui­de­lik ons eie ag­ter­grond, huis­li­ke om­ge­wing en kul­tuur be­paal of ons ’n se­ke­re voor­koms en ge­drag as “nor­maal” be­skou. Ter­wyl ie­mand met ’n ander ver­wy­sings­raam­werk dit dalk heel­te­mal an­ders gaan ver­tolk. ’n Boer dra ’n kort­broek en ka­kie­hemp, waar­skyn­lik om­dat dit prak­ties en die ma­te­ri­aal sterk is. >

< Kyk eg­ter met ’n ander bril daar­na en jy kan hom as kon­ser­wa­tief brand­merk. Nie al­le vroue met ho­ë­hak­skoe­ne is ko­ket­te­rig nie. “En jy weet niks van die Cro­cs-dra­er se moont­li­ke eel­te nie.”

Die vraag wat jy jou­self moet af­vra, is hoe­kom se­ke­re op­tre­des jou so ont­stel? Hoe­kom voel jy so on­ge­mak­lik om by ’n duur boe­tiek in te stap en die op-en-af-ky­ke van die ver­koops­per­soon tromp­op te trot­seer? Waar lê jou eie so­si­a­le sen­si­ti­wi­teit? Dit kan ’n in­te­res­san­te ont­dek­kings­reis wees en tot per­soon­li­ke groei lei.

“Han­teer jou eie on­se­ker­he­de. Dit kan jou be­mag­tig om vol­gen­de keer met self­ver­troue by die eks­klu­sief­ste boe­tiek in te stap, die ver­koops­per­soon vol in die oë te kyk en te sê: ‘Ek wil graag na jul nuut­ste voor­raad kyk, maar sal self reg­kom, dan­kie’,” sê Mar­li­ze.

Ken jou eie re­a­li­teit, be­aam Wi­ri­ka. Hoe­kom be­skou jy som­mi­ge in­ter­ak­sies as ’n oor­log­so­ne? Neig jy dalk om te gou be­le­dig te voel, ’n kruid­jie-roer-my­nie? En in­ter­pre­teer jy die bood­skap van die ont­vangs­klerk as ’n po­ging om jou doel­be­wus te frus­treer? Hoe sou jou sie­ning ver­an­der as jy ge­weet het sy het van­dag al met 200 pa­si­ën­te ge­praat wat die dok­ter wil sien – en boon­op het sy die vo­ri­ge nag sleg ge­slaap? “Wan­neer jy jou eie snel­lers ver­staan en em­pa­tie vir ander se ver­skuil­de er­va­rings het, sal dit mak­li­ker wees om nie hul ge­drag as ’n per­soon­li­ke af­jak te er­vaar nie.”

Want ja, selfs die vrien­de­lik­ste, toe­gank­lik­ste mens het ook “af ” dae.

“Dik­wels re­a­geer ons van­uit ons eie kri­tie­se per­spek­tief en re­ken ie­mand tree son­der em­pa­tie op. Pro­beer dan van jóú kant em­pa­tie be­toon,” sê Mar­li­ze.

Weet ook jý kan die moei­li­ke een wees en dat ander men­se al aan die ont­vang­kant daar­van was. Ons al­mal het ei­en­skap­pe wat in se­ke­re om­stan­dig­he­de ’n do­ring in se­ke­re men­se se vlees kan wees. Dis mak­lik om te glo die wê­reld is vol moei­li­ke men­se en jy die mar­te­laar wat hul­le moet han­teer. Dis nie die vol­le prent­jie nie, vol­gens ’n blog op psy­cho­lo­gy­to­day.com.

Dis be­lang­rik om te i­den­ti­fi­seer waar jý dalk “moei­lik” is, vol­gens Wi­ri­ka. Dra die ma­nier waar­op jy toe­na­de­ring soek by tot jou skoon­ma se af­sy­dig­heid? Self­ken­nis kan jul in­ter­ak­sie po­si­tief ver­an­der.

Mar­li­ze sê jy moet jou­self ge­du­rig uit­daag om jou so­si­a­le in­tel­li­gen­sie te ver­be­ter. Op ’n reis wees van be­grip en meer mens­lik­heid. “So ’n reis om jou me­de­mens be­ter te ver­staan is eg­ter net moont­lik as jy ook jou­self ver­staan en jou eie swak­he­de en ge­voe­lens ken. Kyk deur ’n nie-ver­oor­de­len­de lens na ander men­se en moe­nie jou­self te erns­tig op­neem nie. Ver­sag si­tu­a­sies met hu­mor, al is dit net vir jou eie bin­ne­pret.”

Aan­vaar jy gaan nie van al­mal hou nie en dat daar al­tyd ie­mand gaan wees wat jy “moei­lik” gaan vind. Maar selfs moei­li­ke men­se kan hul sag­ter kant wys as jy weet hoe om hul­le te be­na­der.

Maak Se­le­na Go­mez se lied­jie jou man­tra: The wor­ld can be a nas­ty pla­ce You k­now it, I k­now it, y­e­ah We don’t ha­ve to fall from gra­ce Put do­wn the we­a­pons you fig­ht with Kill ’em with kind­ness . . .

KON­TAK

Mar­li­ze Hep­pell: 018 406 4782, mar­li­ze­hep­pell18@gmail.com Wi­ri­ka Field: 072 515 7659, w­field@hix­net.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.