MOEDERLIEFDE

Sarie - - Briewe -

’n V­rien­din wat uit eie keu­se kin­der­loos is, het my met haar vraag op­nuut laat na­dink. Sy wou weet of die lief­de vir jou kinders met die lief­de vir jou troe­tel­die­re ver­ge­lyk kan word. Dit was vir my dui­de­lik dat sy haar nie kan voor­stel hoe hier­die lief­de van al­le an­der lief­des ver­skil nie.

Per­soon­lik dink ek dis ’n lief­de wat reeds met die be­ves­ti­ging van swan­ger­skap be­gin en ’n in­ni­ge, on­be­skryf­li­ke lief­de word by ge­boor­te. Hier­na is daar ’n voort­du­ren­de groei en ver­die­ping van die mooi­ste, on­self­sug­tig­ste vorm van lief­de. Lief­de wat vir ’n moe­der se leef­tyd in­tens, on­los­maak­lik deel van haar mens­wees is, on­ge­ag die om­stan­dig­he­de, af­stand of selfs dood van haar kind.

Jam­mer, v­rien­din, my woor­de skiet te­kort . . . jy moet dit be­leef om te ver­staan. Eve, Sand­baai

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.