Tus­sen

Sarie - - Woon -

blou ber­ge en om­ring met win­ger­de nes­tel die fa­mi­lie­plaas Es­pe­ran­ce na­by Wor­ces­ter. Dis hier waar Ne­lia en Paul Nau­de hul­le drie jaar ge­le­de kom ves­tig het. Ne­lia, ’n in­te­ri­eur-ont­wer­per, glo skoon­heid is in een­voud. Tyd­loos­heid ver­he­we bo ten­den­se. Haar huis met sy on­der­lig­gen­de mi­ni­ma­lis­me ’n kom­bi­na­sie van mo­der­ne en ou­er meu­bels.

Dis ook op die plaas van waar sy haar meu­bel­ver­vaar­di­ging­on­der­ne­ming be­dryf. Sy ver­tel die saad­jie vir die be­sig­heid is ge­plant met doel­ver­vaar­dig­de meu­bels wat sy vir ’n kli­ënt moes maak. Dit het ont­kiem en haar meu­bel­saak, NM De­sign – waar vak­man­ne nog op die tra­di­si­o­ne­le ma­nier, met tap­pen­ne en voeë, meu­bels maak – is ge­bo­re. Haar in­spi­ra­sie ou SA erf­stuk­ke wat sy her­in­ter­pre­teer en in haar eie ont­wer­pe, wat ook in haar huis te sien is, weer­gee.

VOORPORTAAL

Die voor­deur swaai oop in ’n kort, breë gang. Aan die on­der­punt het Ne­lia ’n ou fa­mi­lie­ta­fel ge­kom­bi­neer met ’n mo­der­ne spie­ël, mand­jie en ke­ra­miek­werk. ’n Mooi sa­me­stel­ling van oud en nuut.

RUIM HOOFSLAAPKAMER

Die ruim slaap­ka­mer is groot ge­noeg dat ’n stads­woon­stel daar­in kan pas. Hier het Ne­lia ’n tik­kie kleur in­ge­bring met ’n en­ke­le flu­weel-kwilt. Die al­ler­mooi­ste spie­ël­kas kom ook uit Paul se familie. Die ke­ra­miek­werk as­ook ban­kie aan die voe­ten­ent is van NM De­sign.

ONTWERPERSKASSIE

Nog ’n skep­ping van Ne­lia. ’n Laai­kas met lek­ker pak­plek en so mooi dit tref da­de­lik die oog. Die ke­ra­miek­pot­te bo­kant die kas is ook te koop by NM De­sign se aan­lyn win­kel.

SWART-WIT AF­DRUK

Hier­die reu­se-af­druk van ’n wind­hond is die werk van Xe­nia Ven­ter, kuns­te­naar en bloe­mis van die Paarl en Ne­lia se sus­ter. Die af­druk­ke kan van NM De­sign be­stel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.