Lees­din­ge

SHEILA CUSSONS SE TIENERBOEK NÁ HAAR DOOD GE­PU­BLI­SEER

Sarie - - Contents -

Die dig­ter Sheila Cussons het ’n En­gel­se fan­ta­sie­ver­haal vir haar twee­ja­ri­ge boe­tie ge­skryf en ge­ïl­lus­treer toe sy self maar 14 was. In ’n on­der­houd het sy ge­sê sy het die ver­haal, T­re­vor in the Land of Fan­ta­sy,

ge­skryf ter­wyl sy in ’n hang­mat tus­sen twee bo­me in hul tuin ge­lê het. Die ver­haal het sy dik­wels aan haar broer, maar la­ter ook aan haar eie seuns voor­ge­lees. Sy het die ma­nu­skrip in ’n kas weg­ge­bê­re en die dag voor haar dood in 2004 aan haar seun Jau­me Sa­la­dri­gas Cussons ge­gee. Hy het haar wens ver­vul en die boek is ná haar dood deur Im­ba­li A­ca­de­mic Pu­blis­hers ge­pu­bli­seer. Kin­ders so­wel as vol­was­se­nes sal aan­klank vind by die fan­ta­sie­ver­haal. Die mees­te van Cussons se werk is tus­sen 1970 en 1990 uit­ge­gee. Phyllis G­reen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.