ODE AAN HERFS

Sarie - - Briewe - Ma­rin­da van Wyk, Brac­ken­fell

Herfs was nog al­tyd vir my die be­to­we­rend­ste sei­soen; die wê­reld in ’n goue gloed ge­hul, waar woor­de ont­breek om my diep­ste e­mo­sies te be­skryf.

Tot ek ver­won­derd Mi­chél­le se re­dak­teurs­brief (Mei 2018), ’n ode aan herfs, lees. Hal­le­lu­ja! juig my siel. Daar is woor­de vir my herfs­ge­not.

Mi­chél­le, ek gee jou ’n pot vol goud­bruin bla­re, ’n rui­ker herfs­son vir hier­die eg­go van ge­voe­lens, on­moont­lik (tot nou) om te ver­woord. Tot­siens, Lou­is Lei­poldt se mooi­ste, mooi­ste maand. Jou herfs-so­na­ta is ’n ode aan die al­ler­mooi­ste sei­soen ooit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.