BIE­TJIE AAN­DAG EN EK BLOM

Sarie - - Briewe -

Op la­er­skool was ek die ene knie­kop­pe en dun been­tjies en nie­mand het my ’n twee­de kyk ge­gee nie. My ma se on­ge­duld het ge­sorg vir my stomp­kop­pie-haar­styl.

Maar ie­mand het my tog la­ter raak­ge­sien. Juf­frou Da­leen se bie­tjie aan­dag het my laat blom! Sy het my ’n beurt ge­gee om die net­bal-bal huis toe te neem en po­li­toer te gee voor die wed­stryd die vol­gen­de dag. Ek het daar­die bal ure lank blink­ge­vryf, weer ge­smeer en weer op­ge­vryf. Sy het my ook ge­vra om die half­tyd-le­moe­ne in kwar­te te sny en op ’n skink­bord te bring.

Wie sou kon dink sul­ke een­vou­di­ge wer­kies kan ’n ver­skil maak? My pun­te het ge­styg en skool­gaan was nou lek­ker. Ek het be­sef as ek net ’n bie­tjie leer, kan ek goed doen, en van toe af was dit vo­ren­toe kyk. Ek het in my vel in­ge­groei, my ha­re laat groei en een­dag was die le­li­ke eend­jie so by­na ’n swaan!

Ont­hou maar die ma­e­re­tjies. Jou aan­dag kan so e­ne­tjie dalk net laat blom. Die Ma­e­re­tjie, Rant-en-dal

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.