WAT IS DIE VER­HAAL AG­TER pie­sang­brood?

Sarie - - Kos -

Pie­sang­brood is ’n taam­li­ke jon­ge­ling in die koek­fa­mi­lie. Dit het eers ont­wik­kel na­dat koek­so­da in die mid­del-1800’s as rys­mid­del vir ge­bak ont­dek is.

Hoe­wel pie­sang­bo­me vroeg reeds in die Kaap­se Kom­pan­jie­tuin aan­ge­plant is, be­vat die oud­ste SuidA­fri­kaan­se kook­boe­ke nie baie re­sep­te met pie­sangs nie. Hil­dagon­da Duckitt noem in haar kook­boek Hil­da’s

Di­a­ry of a Ca­pe Hou­se­keeper (1902) dat pie­sangs, in Au­gus­tus en Sep­tem­ber in sei­soen, skaars was. Sy gee ’n re­sep vir pie­sang­pof­fer­tjies en ’n pie­sang­poe­ding – laas­ge­noem­de ’n ko­lo­ni­a­le re­sep uit In­dië.

Pie­sang­brood het waar­skyn­lik ont­staan in die 1900’s, toe huis­vroue na vin­ni­ge re­sep­te op soek was en voed­sel­skaars­te ná die Groot De­pres­sie en Wê­reld­oor­loë nie toe­ge­laat het dat ’n krie­sel­tjie kos ver­mors word nie, selfs nie eens pap pie­sangs nie. My ma se pie­sang­brood was voor­tref­lik ge­maak met brui­ne­ri­ge pap pie­sangs en ge­woon­lik ge­geur met ’n lek­sel va­niel­je­geur­sel. ’n He­le aan­tal ver­lei­de­li­ke va­ri­a­sies het in­tus­sen by­ge­kom, by­voor­beeld met neu­te, ge­droog­de vrug­te en sout­ka­ra­mel. Bron: Het­ta van De­ven­ter Ter­blan­che, kos­his­to­ri­kus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.