PIE­SANG­BROOD-DOUGHNUTS MET KA­RA­MEL

Sarie - - Kos -

(bl. 101) Bly daar van hier­die doughnuts oor, eet jy dit vir ont­byt. ge­noeg vir 24

2 ryp pie­sangs, fyn­ge­druk 100 ml lou­warm melk 30 ml strooi­sui­ker 80 g (85 ml) bot­ter, ge­smelt 1 ei­er 1 x 10 g-sak­kie kits­gis 350 g (625 ml) koek­meel, plus ek­stra vir uit­rol 100 g pe­kan­neu­te, fyn­ge­kap son­ne­blom­o­lie vir diep­braai 250 ml fyn klap­per 100 ml ver­sier­sui­ker knip­pie ka­neel 1 x 360 g-blik ka­ra­mel­kon­dens­melk

Plaas pie­sangs, melk, sui­ker, bot­ter, ei­er, gis, koek­meel en neu­te in e­lek­trie­se men­ger se bak. K­lits by hoë spoed met meng­s­paan ( K-be­a­ter) tot al­les in een bal saam­kom. Sit deeg in skoon bak. Maak toe met kleef­plas­tiek en laat rys 45-60 mi­nu­te op ’n warm plek of tot dub­bel die vo­lu­me. S­prin­kel meel op werk­vlak, keer deeg uit en ge­bruik jou vin­ger­pun­te om deeg tot so 1 cm dik plat te druk. Druk met ’n ron­de koe­kie­druk­ker van so 3 cm in deur­snee sir­kels uit. Plaas deeg­sir­kels op ’n bak­plaat wat met meel be­sprin­kel is en laat rys op ’n warm plek tot dub­bel die vo­lu­me, so­wat 15-20 mi­nu­te. Ver­hit in­tus­sen die son­ne­blom­o­lie tot warm en plaas deeg­sir­kels in warm o­lie. Braai so­wat 2-3 mi­nu­te per kant of tot goud­bruin. Drei­neer op kom­buis­pa­pier. Meng klap­per, ver­sier­sui­ker en ka­neel. Rol warm doughnuts in klap­per­meng­sel. Skep kon­dens­melk in spuit­sak met 5 mm-sker­prand­tuit. Maak ’n gaat­jie met mes se punt in kant van doughnut en spuit kon­dens­melk in. Sit voor met ek­stra kon­dens­melk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.