DIE SYFERS

Sarie - - Gesond -

By ge­boor­te be­staan ons lig­gaam uit so­wat 78% wa­ter. Soos ons ou­er word, ver­min­der dit na so­wat 60% – maar die brein be­staan steeds uit 80% wa­ter. Die mens­li­ke lig­gaam as ’n ge­heel is by­na die­self­de digt­heid as wa­ter, daar­om kan ons dryf. Die wa­ter in ons sel­le se mi­ne­raal-sa­me­stel­ling is ver­ge­lyk­baar met die see s’n. So­wat 70% van die aar­de se op­per­vlak is be­dek met wa­ter – 95% daar­van moet nog ten vol­le ver­ken word. Na ra­ming le­we so­wat 80% van die wê­reld se be­vol­king bin­ne 100 km van wa­ter af. Of dit nou van die kus­lyn of oe­wer van ’n meer of ri­vier af is. So­wat ’n half­mil­jard men­se is di­rek af­hank­lik van wa­ter vir hul brood en bot­ter. Twee der­des van die wê­reld­e­ko­no­mie spruit uit ak­ti­wi­tei­te wat wa­ter in die een of an­der vorm in­sluit. So­wat ’n mil­jard men­se wê­reld­wyd kry hul pro­te­ïe­ne p­ri­mêr uit wa­ter­ge­ba­seer­de bron­ne. Bron: Blue Mind

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.