Die rooi­kop en die redakteur en an­der sto­ries, An­dré P. B­rink (Human & Rous­seau, R240)

Sarie - - Leesdinge - An­toi­ni­que van S­ta­den

Dié bun­del be­vat kort­ver­ha­le deur B­rink wat tus­sen die ja­re 1955 en 1959, voor hy be­roemd ge­word het, in die ge­sins­tyd­skrif­te Die Huis­ge­noot en Die Brand­wag ver­skyn het. Die ver­ha­le neem jou soos ’n tyd­ma­sjien te­rug na ’n vo­ri­ge era, hoe­wel baie on­der­wer­pe steeds re­le­vant is.

In die ti­tel­ver­haal word ’n ver­ha­le­re­dak­teur deur ’n a­stran­te jong skry­wer ge­kon­fron­teer oor die on­ge­skik­te brief wat hy aan haar ge­skryf het oor haar kort­ver­haal. Na­dat sy hom be­hoor­lik uit­ge­skel het, be­werk­stel­lig hy ’n plan om haar uit die nood te help. Sy is na­tuur­lik nie baie ge­neë vir sy aan­dag nie, maar tog, soos hul lief­de blom, be­sef sy dat sy haar redakteur som­mer baie lief het. Maar wat is die lief­de son­der ’n toets . . .

Wat ’n heer­li­ke nos­tal­gie­se reis wat ’n mens laat ver­lang na die goeie ou dae. Selfs al is jy nie oud ge­noeg om tik­ma­sjie­ne te ont­hou nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.