WAR­REN BAM, 49, ei­e­naar en boer, WCB Boer­de­ry, plaas Guns­te­ling, Sa­ron, Wes-kaap

Sarie - - Inspireerders -

Hy’t by sy pa leer boer, sê War­ren. Maar in ’n an­der tyd. “Om kom­mer­si­eel te boer was nie vir al­le ras­se­groe­pe moont­lik voor 1994 nie.”

Van­dag, ge­reeld nog, dink hy aan sy pa, ’n hard­wer­ken­de man wat al­tyd ge­sê het: “Ek pro­beer maar net.” Dis wat hy ook doen, spot War­ren, wat eers self in die win­ger­de ge­werk het, maar van­dag die plaas Guns­te­ling huur en me­de-ei­e­naar is van Wes­land wat ta­fel­drui­we vir Sa­ron le­wer.

As een van SA se top- op­ko­men­de boe­re be­staan sy dae groot­liks uit be­plan­ning, or­ga­ni­se­ring, mo­ti­ve­ring en doel­stel­lings. Maar hy is ’n man vir die val­leie, die ber­ge en die plat­te­land. Dis vir hom te­ra­pie om te sien hoe die land­skap met die sei­soe­ne ver­an­der, hoe blom­me in kleur ont­plof. Dan breek hy weg, dik­wels som­mer op ’n Sa­ter­dag, en ry die ag­ter­paaie, die grond­paaie, waar hy al­les kan in­neem. Ook om ’n bie­tjie te kyk wat die an­der boe­re doen!

Sy lief­de vir die grond wat sy pa hom ge­leer het, dra hy nou aan sy seun oor. Sy 15-ja­ri­ge Ga­briel het sy eie groen­te­tuin van ’n hal­we hek­taar, en hoe ge­niet hy dit nie wan­neer Ga­briel ge­reeld vir hom sê: “Kom ons gaan kyk bie­tjie na die win­ger­de.”

“Snaaks, op ’n ma­nier het ek al­tyd ge­weet dat ek een­dag vir my­self sal boer . . .”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.