RE­NI LE ROUX, 29, voed­sel­vei­lig­heid en be­mar­king, A­man­te­co Al­monds, plaas Ad­ders­fon­tein, Mon­ta­gu, Wes-kaap

Sarie - - Inspireerders -

Dit was haar I­ta­li­aan­se ou­pa Ri­no se droom – om a­man­dels te plant op sy grond in die K­lein-ka­roo. Só groot was sy pas­sie dat sy dog­ter, An­ge­la, en haar man, Hans, by hom aan­ge­sluit het.

Van­dag is dit klein­dog­ter Re­ni en haar broer, S­te­phan, wat die fa­mi­lie­sir­kel vol­tooi en saam be­sig­heid doen op die e­nig­ste kom­mer­si­ë­le a­man­del­plaas in SA tans. Op Ad­ders­fon­tein, waar a­man­del­bloei­sels boor­de in ’n spro­kies­wê­reld om­to­wer.

“Die boer­de­ry en be­sig­heid is gro­ter as nét ’n werk,” sê Re­ni. “Dis iets vir my fa­mi­lie en vir my.”

Sy en S­te­phan het aan die US stu­deer en te­rug­ge­kom met nu­we i­dees en plan­ne. Dit maak ’n ver­skil in hoe hul­le be­sig­heid doen by A­man­te­co Al­monds. “Ons waag meer en neem spon­ta­ner be­slui­te om die han­dels­merk te groei.”

Stil­sit is g’n Re­ni se aard nie. Sy doen pot­te­bak­kers­werk en is ’n foodie wat nu­we eet­plek­ke uit­toets. Sy hard­loop, ry berg­fiets en het al in­ge­skryf vir Sur­vi­vor SA. Geen droom is te groot nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.