JOU TOPBEHANDELING

Sarie - - Mooi - HOU VAN MO­NI­CA

Hoe ge­maak vir ’n stra­len­de vel ná ’n lang jaar? Ek het on­langs die Isa Car­stens A­ka­de­mie se Wel­l­ness Sanc­tu­a­ry-sa­lon in P­re­to­ria be­soek vir ’n in­diep­te-vela­na­li­se en vel­be­han­de­ling. ’n Reeks fo­to’s word met ’n spe­si­a­le ma­sjien van jou ge­sig ge­neem waar­mee die groot­te van jou po­rieë, lyn­tjies en plooie, pig­men­ta­sie, droog­heid, rooi­heid en sen­si­ti­wi­teit op ver­skil­len­de de­le van jou vel ge­ï­den­ti­fi­seer en ge­a­na­li­seer word. Hier­na gaan die te­ra­peut saam met jou deur die re­sul­ta­te om jou ’n goeie i­dee van jou vel se al­ge­he­le ge­sond­heid te gee. Die a­na­li­se het ge­toon dat my vel ef­fe ge­de­hi­dreer is, en pig­men­ta­sie­vlek­ke is uit­ge­wys wat met­ter­tyd don­ker­der en meer sig­baar kan word. ’n Be­han­de­ling met hi­a­lu­ron­suur en vi­ta­mien C is aan­be­veel om my vel weer te be­vog en ver­hel­der. Die te­ra­peut het ook tuis­sorg­pro­duk­te voor­ge­stel wat help om pig­men­ta­sie lig­ter te maak. My vel was ná die be­han­de­ling in­der­daad stra­lend. Be­soek die Isa Car­stens Wel­l­ness Sanc­tu­a­ry-sa­lon­ne in P­re­to­ria en op S­tel­len­bosch. Vir meer: www.i­sa­car­stens.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.