HELP SÓ JOU DOG­TER

Sarie - - Hieroor Praat Ons -

Kin­ders doen nie wat jy sê nie, maar wat jy self doen. Die bes­te ma­nier om dus ’n self­ver­se­ker­de dog­ter groot te maak, is deur self só op te t­ree, sê San­di. Sy en Ju­dith gee ook dié prak­tie­se wen­ke: Wees ver­sig­tig om ste­re­o­ti­pie­se ver­wag­tin­ge van jou dog­ter te hê. Sy hoef nie met pop­pe te speel nie en kan saam met pa en broer leer hoe om ’n kraan reg te maak as sy wil. Moe­nie jou dog­ter net aan boe­ke en flieks bloot­stel waar die prin­ses deur die prins ge­red word, of waar vroue al­tyd net wil trou en kin­ders kry nie. Kyk saam flieks met vroue as die held, en koop boe­ke oor vroue in die we­ten­skap. Moe­nie jou dog­ter al­tyd net oor haar voor­koms

kom­pli­men­teer nie. Sy moe­nie voel dis een van die min din­ge wat haar waar­de gee nie. Moe­nie voor­skryf hoe jou man din­ge moet doen wan­neer hy huis­ta­ke doen of die kin­ders ver­sorg nie. An­ders dink kin­ders ma is al­leen in be­heer van dié ta­ke. Koop vir jou dog­ter speel­goed soos bou­blok­kies en kar­re­tjies. Dik­wels stel mei­sies ook daar­in be­lang en leer eers la­ter, by hul ou­ers of hul vrien­de, dat dit “seuns­goed” is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.