HOE fik­ser HOE VIN­NI­GER AG­TER­UIT

Sarie - - Gesond -

Hoe fik­ser jy is, hoe vin­ni­ger gaan jy te­kens van ag­ter­uit­gang sien. Maar die kans is kleiner dat jy weer sal moet be­gin waar jy weg­ge­spring het. Dit klink nie reg­ver­dig nie. Maar aan­ge­sien jou lyf meer ge­woond is aan kon­stan­te oe­fe­ning op ’n ho­ër vlak, gaan jy baie gou­er ’n ver­skil sien as ie­mand wat min­der ge­reeld of teen ’n la­er in­ten­si­teit oe­fen. En dit geld vir a­ë­ro­bie­se so­wel as krag-oe­fe­nin­ge. Die top-at­leet sal in die eer­ste drie we­ke ’n ver­min­de­ring in a­ë­ro­bie­se ver­mo­ëns sien. Daar­na gaan die ver­lies meer ge­lei­de­lik as by ’n be­gin­ner wees. Daar­en­teen gaan ie­mand wat min­der fiks is, nie juis ’n groot ver­an­de­ring in die eer­ste drie we­ke sien nie. Maar ná vier tot agt we­ke is jou fiks­heid- of a­ë­ro­bie­se ver­moë waar­skyn­lik weer nul, pre­sies waar jy be­gin het. Ie­mand wat straw­wer oe­fen se ver­lies gaan ná drie tot vier we­ke ’n pla­to be­reik, wat jou ver­mo­ëns baie lan­ger as die be­gin­ner s’n bo­kant die ba­sis­lyn hou. Fak­to­re soos ou­der­dom en ge­slag speel ook ’n rol. Só ver­loor ou­er vroue baie gou­er spier­mas­sa as e­ni­ge an­der groep, vol­gens na­vor­sing in The Jour­nals of Ge­ron­to­lo­gy (www.ge­ron.org). >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.