Jul­le sê

Sarie - - Inhoud - SA­RIE-AANHANGER, DARLING

SAAM IN MY BOKS VAN HER­IN­NE­RIN­GE

Ek en SA­RIE kom al ja­re lank saam (te dan­ke aan my ma). My maan­de­lik­se ri­tu­eel is om die tydskrif te koop en dan gaan lê ek in die bad en lees. Dit was toe ons nog wa­ter ge­had het. Dees­dae gaan lê ons op die bed in die spaar­ka­mer of gaan sit op die stoep met ’n glas wyn of ’n pot tee. En el­ke woord, selfs die ad­ver­ten­sies, word nou­keu­rig ge­lees.

Au­gus­tus se uit­ga­we het baie e­mo­sies ge­wek. Ek was ge­ïn­spi­reer, trots dat ons in Suid-a­fri­ka so ’n ge­hal­te­tyd­skrif het, ge­vul met hoop. Want met so­veel fe­no­me­na­le vroue – en dis slegs die paar wat in die tydskrif ver­skyn, dink net hoe­veel dui­sen­de an­der is daar – kan die toe­koms net won­de­re in­hou.

2017 en 2018 was vir ons ’n jaar van groot per­soon­li­ke ver­lie­se, maar ons hoop om bin­ne­kort, dank­sy aan­ne­ming, ons ba­ba­dog­ter te ver­wel­kom. Deel van die pro­ses is dat ons as ou­ers ’n “me­mo­ry box” moet hou. Toe ek SA­RIE lees, be­sef ek my as­pi­ra­sie vir my dog­ter is dat sy, soos hier­die vroue en ve­le an­der daar bui­te, net haar­self moet wees. Daar­om gaan ek mô­re nog ’n uit­ga­we koop en dit in haar “me­mo­ry box” sit.

Sy mag dalk een­dag lag vir die mo­des of ver­baas wees oor hoe goed­koop die tydskrif was, maar die kern van die bood­skap is dat sy nooit in haar­self moet twy­fel nie en trots moet wees op wie sy is.

IN­SPI­RA­SIE VAN DIE MAAND

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.