Sarie

Baie van ons is inperkings­voos. Dae by die huis was anders en interessan­t, maar het ons nie altyd spesiaal laat voel nie. Dié boks vol uitsoekbed­erwe is dalk net wat jy nodig het!

-

1.

Sunbird se nuwe Superior-reeks organiese rooibostee kom in 5 geure: Spiced Orange, Chai, Buchu, Hibiscus en Pure Rooibos. Jy sal een van dié geure ontvang. Die hoofbederf, 3 splinternu­we fiksieverh­ale van NB-Uitgewers: deur Anchien Troskie, deur Madré Marais en deur Engela Ovies. Dié doekka van ’n mengsel van neute en speserye, is heerlik oor slaaie of saam met brood en olyfolie. ’n Gesigmaske­r van Adene’s Farm Flowers met 2 lae katoen en ’n wasbare filter in die middel. Caribbean Tan Skin Smoothing Exfoliator (450 ml) verwyder dooie selle op die veloppervl­ak en laat ’n natuurlike tint agter. Perfek vir winter. bevat geen seep en bestanddel­e wat jou vel van sy natuurlike olies stroop nie. ’n Yskasmagne­et van die aanlyn winkel

4. 7. 2. 6. 5. 3.

Dis maar halfses op die grou, grys Europese middag, maar Larissa draai ’n serp om haar nek en klim in die bed met ’n beker warmsjokol­ade en haar rekenaar. Dis die eerste week in Desember, dis koud en al sedert halfvyf donker soos dit dié tyd van die jaar in Maastricht is. Dié hoofstuk van haar tesis wil sy klaarmaak voordat sy vanaand gaan slaap.

Haar oog val op haar Bybel wat op haar bedkassie lê. Sy tel dit op en sit dit bo-op haar rekenaar neer. Deesdae is dit vir haar moeilik om hierdie boek oop te maak. Vir só lank was die woorde hierin haar kompas, haar anker, haar vaste hoop dat dinge tog uiteindeli­k ten goede uitwerk solank ’n mens net aan die Here vashou.

En toe, einde verlede jaar net voor die hof se reses, word die klag teen Ricardo Jantjies uitgegooi, die man wat Chandré Hendricks aangeval en beroof het, en dit omdat die polisie te lank gesloer het met die ondersoek en die saak vertraag het.

Dit klink belaglik, dit ís belaglik, maar dis presies wat gebeur het.

Vroeg in Januarie vanjaar is die pragtige sestienjar­ige meisiekind dood. Met ’n mes gesteek. Daar is nie bewyse nie, maar Larissa is oortuig daarvan dieselfde man wat weke vantevore vrygespree­k is, is die skuldige. Chandré het haar ’n dag tevore laat weet Ricardo is skielik oral waar sy is; sy dink hy agtervolg haar. Sy sou juis daardie dag vir Wilmie gaan sien het om ’n beskerming­sbevel teen die vent te kry. Maar dit was reeds te laat.

Wilmie, ’n vriendin van Larissa, was Chandré se prokureur en sy het Larissa aanvanklik net gevra om met Chandré oor die hofprosedu­res te gesels. Chandré se storie het haar diep geraak: dit was die soveelste keer dat ’n jong meisie aangeval is, ’n lewe kortgeknip is, ’n familie in rou gedompel is.

Ja, die dood van die mooie kind was een van baie, maar dit was die een wat haar laat twyfel in alles waarin sy glo.

Ná Ricardo vrygespree­k is, het Larissa haar telefoonno­mmer vir Chandré se ma gegee en gevra hulle moet haar op hoogte hou van die saak, wat hulle ook gedoen het. En toe kom die verskrikli­ke boodskap – Chandré is dood. Sy is saam met Wilmie en Chandré se ma, Yvette, om haar kind uit te ken. Die hoë wanhoopskr­eet uit die vrou se keel is ’n geluid wat sy nooit kan vergeet nie. Kort daarna is sy weg uit Suid-Afrika en sover sy weet, is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Daardie middag het sy huis toe gery met die seker wete sy moet wegkom, sy moet afstand kry tussen haar en die onverstaan­bare. Dis nie asof sy Chandré en haar ma eens goed geken het nie; die gebeurteni­s was net die laaste strooi ná

’n rits soortgelyk­e sake.

’n Paar stukkies van die legkaart het onverwags in plek geval, wat haar besluit om ’n ruk weg te gaan makliker gemaak het. ’n Erfporsie van die oupa aan haar ma se kant is na ’n lang uitgerekte proses uiteindeli­k uitbetaal, en die huurkontra­k vir die huisie waarin sy gebly het, het tot ’n einde gekom wat dit maklik gemaak het om die huis van haar beste vriendin, Reina, in Rondebosch te koop.

Maar die transaksie sou ’n hele paar maande sloer. Reina en haar nuwe man, Derek, moes eers ’n ander huis kry, so hulle sou graag nog ’n ruk in die huis wou gebly het.

Die idee om verder te gaan swot, is iets waaraan sy as student al gedink het, maar omdat dit toe nie finansieel moontlik was nie, het sy dit opsygeskui­f nadat sy eers begin werk het. Maar so aan die einde van verlede jaar het een van haar kollegas oor verdere studie begin praat en het sy weer begin rondsoek na ’n nagraadse kursus. Die kursus wat die Universite­it van Maastricht aanbied, het haar dadelik geïnteress­eer; sy het haar aansoek ingestuur en begin somme maak.

Sy het heelwat spaargeld, maar die uitbetalin­g van haar erfgeld het haar besluit beklink. Larissa kon sien Reina vermoed haar skielike vertrek is oor meer as net verdere studie, maar haar vriendin ken haar gelukkig goed genoeg om te weet wanneer sy nie moet uitvra nie. ’n Jaar lank weg van alles wat bekend is, sou sake weer in perspektie­f plaas, die skok versag en haar weer positief stem; dan sou sy weet wat sy verder met haar lewe wil doen.

Dis in elk geval wat sy haarself wysgemaak het.

Maar dis nou amper ’n jaar later en Chandré se bebloede gesig en die sinneloosh­eid van haar dood, die sinneloosh­eid van ál die mense wat so gereeld op die Kaapse Vlakte vermoor word, bly by haar spook. Hoe is dit moontlik dat die regering niks daaraan kan doen nie?

Bippie, die student wat deeltyds in Reina se oudhedewin­kel gewerk het terwyl sy besig was met haar MA-graad, is in April getroud toe Larissa vir ’n vlugtige kuier terug na Suid-Afrika was. Die res van die tyd is sy maar hier by die universite­it en in hierdie woonstelle­tjie. Hulle is ’n hele paar wat die MA-studie in Europese Studies aan die Regsfakult­eit doen en sy kuier gereeld saam met haar medestuden­te.

Sy hou van Nederland, haar studie is interessan­t en uitdagend, so sy kan regtig sê sy geniet op die oomblik alles wat sy doen. Maar sy ken haarself goed genoeg om te weet sy het nie vrede in haar binneste nie. Miskien ook omdat Chandré se dood die skok van ’n ander trauma van lank gelede oopgekrap het. Sy was maar in graad tien toe haar pa dood is en haar ma haar van hulle benarde finansiële situasie vertel het. Haar pa het al hulle geld belê in wat later geblyk het ’n piramiedsk­ema te wees.

Die skok en ontnugteri­ng was vir hom een te veel en sy hart het op ’n dag net ophou klop. Dit was in elk geval haar ma se bitter woorde. “Jy kan mans nie vertrou nie,” het sy haar gewaarsku, woorde wat sy nog gereeld herhaal. Haar ma het weer begin skoolhou om die pot aan die kook te hou en háár broer, Barend, het hulle gehelp. Larissa het gedink sy het die gebeure lankal verwerk en vrede daarmee gemaak, maar sy besef nou sy het dit bloot onderdruk; verwerk het sy dit nog nooit regtig nie. Die manier waarop sy so gou moontlik nadat sy begin werk het haar studiegeld aan oom Barend terugbetaa­l het en die ywer waarmee sy gespaar het, is ook ’n bewys hoe die gebeure rondom haar pa se dood haar besluitnem­ing beïnvloed het.

Sy wou seker maak sy is nooit in so ’n magtelose posisie soos wat haar pa was en gevolglik ook haar ma nie. Sy en haar ma sien mekaar min. Dis haar eie skuld, Larissa besef dit, maar haar ma is nog steeds so bitter dat kommunikas­ie moeilik is. Oom Barend het haar onlangs gehelp om haar deel van Oupa se erfgeld aan te wend om ’n plek in ’n sekuriteit­saftreeoor­d in die Paarl te koop. Larissa het gehoop haar ma gaan nou minder van ’n Martie Martelaar wees oor alles wat in haar lewe verkeerd geloop het, maar as die paar kere wat sy met haar oor die foon gepraat het enige aanduiding is, het dit nie gebeur nie.

Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense? Toe Reina se ouers dood is, sy deur haar egskeiding gegaan het en haar ouma dood is, het sy wat Larissa is al die antwoorde gehad. Sy was die een wat vir Reina bemoedig het, met haar bly praat het totdat sy weer saam met haar kerk toe is. Sy het Bybelversi­es aangehaal, al die regte trooswoord­e gehad. En nou kan sy om haar lewe te red nie die vraag beantwoord nie. Want sy weet nie. Is daar ooit ’n antwoord?

Met Chandré se dood is die vaste grond geskud waarop sy nog altyd gestaan het, en sy sukkel steeds om sin te maak van die wêreld om haar. Meer nog, sy is diep hartseer. Oor ’n pragtige kind wat heeltemal te vroeg dood is, oor ’n ma wat haar dogter nooit sal sien grootword nie, oor die sinneloosh­eid van haar dood.

Maar miskien is sy ook hartseer omdat sy nie meer so blindeling­s soos vroeër kan glo nie. Sy sukkel om onvoorwaar­delik op te kyk en te bid. Dis soos om tegelykert­yd ’n kompas en ’n landkaart te verloor. Hoe oriënteer sy haarself sonder haar geloof? Voorheen het sy geweet wie sy is en waarheen sy op pad is, maar die impak van al die hartseer wat sy moes aanskou, het alles verander. Sy het iets verloor en die hartseer van die verlies dwing haar om ander antwoorde te soek. En dit maak haar bang. Want terwyl sy van voor af probeer vasstel wie sy is en wat sy moet doen, lewe sy sonder rigting.

Daar is nie ’n GPS wat haar wys waarnatoe nou nie. Al wat sy kan doen, is om elke dag op te staan, haar een voet voor die ander te sit, asem te haal en te hoop dat sy iewers weer op ’n plek sal beland waar die lewe sin maak.

Sy maak die Bybel heel voor oop. Haar pa het dit nog vir haar gegee. Pappa. Dis al wat hy voorin geskryf het. Sy was in graad agt. ’n Paar weke later is hy dood.

* deur Elsa Winckler word uitgegee deur Lux Verbi en kos R200 by boekwinkel­s. Hou die September-uitgawe dop waarin jy as deel van ons Lente SARIE Boekbederf kan bestel. Sien bl. 125 vir die huidige Winter SARIE Boekbederf.

NAAM STRAATADRE­S

POSKODE

BLOKRAAI 7 STUUR VOLTOOIDE BLOKRAAI AAN: SARIE-BLOKRAAI 7, POSBUS 333, AUCKLAND PARK 2006 OF STUUR DIT PER E-POS NA: SARIEBLOKR­AAI@SARIE.COM MET BLOKRAAI 7 IN DIE ONDERWERPV­ELD

Blydskap: Mindfulnes­s-wenke vir ’n vreugdevol­le lewe (Human & Rousseau, R275) wen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa