Le Roux le­wens­lank ag­ter tra­lies

Suid-Kaap FORUM - - News -

HES­SE­QUA Pie­ter le Roux (22) is le­wens­lan­ge tronk­straf vir die moord op sy ma, Fran­sie­na van der Mer­we (55) op­ge­lê. Hy sal op die ou­der­dom van 47 vir pa­rool in aan­mer­king kom.

Sy regs­ver­teen­woor­di­ger gaan teen die von­nis ap­pél­leer. Le Roux se ver­weer was dat sy hom vir ja­re mis­han­del en hy haar daar­oor dood­ge­maak het.

Hy het haar aan­vank­lik met mier­gif pro­beer ver­gif­tig. Dit het mis­luk en het hy haar ‘n aand na ‘n ru­sie ter­wyl sy ge­slaap het, met ‘n graaf aan­ge­val.

Om­dat sy nog ge­le­we het, het hy ‘n koe­voet gaan haal en haar daar­mee dood­ge­slaan. Hy het haar lig­gaam in bos­se na­by S­kool­kop ge­laat.

Hy is die vol­gen­de dag ge­ar­res­teer na­dat die plaas­li­ke po­li­sie bloed in die huis op­ge­merk het. Hy het la­ter ty­dens ‘n hof­ver­sky­ning er­ken dat hy die moord ge­pleeg het.

Fo­to: Ver­skaf.

Pie­ter le Roux.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.