Ver­krag­ter ge­von­nis

Suid-Kaap FORUM - - News - (C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent).

HEIDELBERG ’n Mid­del­ja­ri­ge man van dié dorp is tot 15 jaar ge­van­ge­nis­straf vir die ver­krag­ting van ’n agt­ja­ri­ge mei­sie ge­von­nis.

Die be­skul­dig­de, A­dam Go­li­ath (50) is Don­der­dag 29 Ju­nie in die streeks­hof op Ri­vers­dal ge­von­nis. Vol­gens ao Al­roy Wind­vo­gel (me­dia woord­voer­der: Heidelberg Po­li­sie) was Go­li­ath die aand van 15 Ja­nu­a­rie van­jaar aan huis by fa­mi­lie­le­de op ’n na­bu­ri­ge plaas, toe die mei­sie se pa win­kel toe is. Hy was al­leen met die mei­sie en an­der kin­ders. Met die pa se te­rug­koms la­ter die aand het hy Go­li­ath by sy dog­ter in die bed ge­vind.

Die dog­ter­tjie het aan haar pa ge­noem dat die oom haar seer­ge­maak het. Die dok­ter wat haar on­der­soek het, het be­ves­tig dat pe­ne­tra­sie plaas­ge­vind het. Go­li­ath was se­dert sy in­heg­te­nis­na­me ag­ter tra­lies, om­dat borg­tog deur die on­der­soek­be­amp­te, sp ao An­dries O­li­vier teen­ge­staan was.

Die kin­der­mo­les­teer­der, A­dam Go­li­ath sal lank ag­ter tra­lies bly. Fo­to ver­skaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.