Hand­lei­ding vir skry­wers en dig­ters

Suid-Kaap FORUM - - News -

HES­SE­QUA ‘n Be­hoef­te het vir skry­wers en dig­ters vir ‘n hand­lei­ding ont­staan. So is Rig­ly­ne vir A­ma­teur­skry­wers on­langs ge­pu­bli­seer deur Er­nie Mel­let (hoof­raad­ge­wer: A­ma­teur Skry­wers Bond).

Die nie-wins­ma­ken­de ASB van die ATKV Suur­braak be­staan al vier jaar. In hier­die tyd het hul meer as 3 000 skry­wes van 170 skry­wers en dig­ters van­oor die he­le land en oor­see ont­vang en hul­le ge­help om be­ter in al­le soor­te A­fri­kaans te skryf. Skry­wers­werks­win­kels is reeds in Suur­braak, S­til­baai, Ca­le­don, S­tel­len­bosch, Brac­ken­fell, M­cG­re­gor en P­re­to­ria ge­hou. Die vol­gen­de werks­win­kel sal Sep­tem­ber­maand in Touws­ri­vier aan­ge­bied word.

“Dit is nie net ‘n lees­boek nie, maar ‘n werk­boek. Die dik, 300 ge­ïl­lus­treer­de A4-blad­sye gee eer­stens op­lei­ding met oe­fe­nin­ge en ta­ke wat skry­wers van al­le ou­der­dom­me kan ge­bruik. Dit is vir groepe soos Skryf- en Lees­krin­ge ge­skik. Die t­wee­de deel, Ju­we­le uit S­tow­we­ri­ge Laaie be­vat 240 blad­sye met 176 kort­ver­ha­le en ge­dig­te van 58 nu­we A­frik­kaan­se skry­wers van­oor die he­le land en oor­see.

Dit dek al­le vlak­ke van die le­we, van die diep­ste pyn tot ska­ter­lag­ver­ha­le. Baie van hul­le kan met vrug voor ge­ho­re ge­bruik word,” sê Mel­let.

“Ons taak is om skry­wers en dig­ters te oor­tuig dat dit die moei­te werd is om hul­le ou skry­wes wat weg­ge­steek lê, uit te haal, af te stof, daar­aan te werk en aan die ASB te s­tuur vir gra­tis kom­men­taar, raad en wen­ke hoe om dit te ver­be­ter. Dit is men­tor­skap oor ‘n tyd­perk.

So help ons A­fri­kaans om te bly spran­kel.”

Ek­sem­pla­re is be­skik­baar by Mel­let by 079 333 0055 of er­nie­mel­let@ gmail.com of kan af­ge­haal word in Bell­vil­le by Lou­is Mel­let, 082 225 4808.

Er­nie Mel­let met die hand­lei­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.