Tuin­bou­klub be­soek Tuin­plaas

Suid-Kaap FORUM - - News -

RI­VERS­DAL Die G­reen­fin­gers Tuin­bou­klub het die eer­ste helf­te van die jaar af­ge­sluit met ‘n kort be­soe­kie aan Tuin­plaas op Al­ber­ti­nia.

In die mu­seum het hul in­te­res­san­te uit­stal­lings ge­sien soos die groot­ste trui, ge­brei deur ‘n groep da­mes van Al­ber­ti­nia wat in die ‘Gui­ness Book of Re­cords’ op­ge­te­ken is, ou trek­kers, waar­van die oud­ste ‘n 1933 mo­del is, is maar ‘n paar din­ge om op te noem.

Daar­na het die groep na die Wes-Kerk ver­trek waar dr Re­ne Rust, ar­ge­o­loog en ken­ner van rots­kuns ‘n baie in­te­res­san­te praat­jie oor rots­kuns in die om­ge­wing van Hes­se­qua en die Klein Ka­roo ge­le­wer het met sky­fies ter il­lus­tra­sie. Sy het die le­de met nu­we oë na rots­kuns­te­ke­nin­ge laat kyk wat die ge­skie­de­nis, maar groot­liks die spi­ri­tu­e­le er­va­rings van die K­hoi uit­beeld.

Rust het van in­for­man­te ge­bruik ge­maak om meer in­lig­ting oor die ge­woon­tes van die K­hoi te be­kom. Die rots­kuns is baie oud en k­leu­re soos die geel en wit het met die ja­re ver­dof.

Slegs die rooi kleur het nog mooi be­houe ge­bly. Van die jong­ste rots­kuns, so on­ge­veer 300 jaar oud, toon ‘n Hol­land­se skip met sei­le uit­ge­beeld.

Die dag is af­ge­sluit met ‘n heer­li­ke braai deur Ko­bus Vic­tor en Re­tief Vos­loo en hul ga­des.

* Be­soek www.suid­kaap­fo­rum.com vir ‘n fo­to­ga­le­ry van hul be­soek.

G­reen­fin­gers Tuin­bou­klub­le­de ty­dens hul be­soek by Tuin­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.