Kry net ‘n GPS!

Suid-Kaap FORUM - - News - Ed­die Prins­loo

My pel­le, Fran­cois en Dul­cie hou rê­rig van tra­vel, maar hul­le ver­dwaal ver­skrik­lik. Nie een het e­nig­sins ‘n sin vir rig­ting nie.

Dul­cie ver­tel:

“Ons het hier­die heng­se fig­hts oor hoe om te ry as ons eers be­gin ver­dwaal. Een­keer ry ons van Piet-Re­tief af Nel­spruit toe vir ‘n troue en be­gaan die fout om Bar­ber­ton om te pro­beer ry. Ie­wers na­by Er­me­lo kry ons ‘n bord­jie wat wys Ca­ro­li­na links, Os­hoek regs. En by die vol­gen­de T-aan­slui­ting kry jy so­waar weer ‘n bord wat wys Os­hoek, Ca­ro­li­na. Ons moes al­rééds hier­die keu­se maak. Nou moet ons weer kies! Ons kies weer die Os­hoek-rig­ting. So­wat 20 ki­lo­me­ter ver­der wys die vol­gen­de bord­jie Os­hoek, Chris­sies­meer. En ons wil nié na een van dié plek­ke toe nie!

Hoe nou ge­maak? won­der ons. En dis net daar waar ons be­gin ver­skil! En dan wrag­gies, dan kry jy so­waar nog ‘n bord... Ca­ro­li­na, Os­hoek! By hier­die tyd sit ons al be­hoor­lik vas. Waar­om is daar nê­rens ‘n bord wat net kan wys BADPLAAS nie? Om nie eers van ‘n BAR­BER­TON-bord te praat nie! La­ter­aan is ons so keel­vol vir Chris­sies­meer en Ca­ro­li­na dat ons oor­bluf dink al­le paaie lei daar­heen! Ons het om­trent goed ge­suk­kel. Daai paaie daar - dit is nou reg­tig deur­me­kaar!

Maar ons kan selfs ver­dwaal al is daar nie so baie paaie nie! Een­keer toer ons saam met vrien­de in die Ka­la­ha­ri, maar ver­dwaal so dat die men­se la­ter be­sluit om vir ons brie­fies op die bo­me by pad-aan­slui­tings te los. Dit het ge­help, maar pleks leen hul­le net hul GPS vir ons. Hul­le het se­ker la­ter ook hier­aan ge­dink en ons daar­die mid­dag ‘n blits GPS-kur­sus ge­gee. Nou weet ons van Glo­bal Po­si­ti­o­ning Sy­stem en sa­tel­lie­te en al­les... en net daar is ons ge­con­vert!

‘n GPS is een van die most a­ma­zing uit­vin­dings ooit! Dit is vrees­lik cle­ver! So koop ons, ons eie GPS toe ons in En­ge­land aan­kom en ry die plek be­hoor­lik plat - son­der e­ni­ge pro­ble­me. Selfs Pa­rys was nie meer ‘n nag­mer­rie-na­vi­ga­ti­on-uit­da­ging nie. En toe ons boon­op uit­vind hoe om die GPS in te span om be­siens­waar­dig­he­de op te spoor, gaan kamp ons sum­mier in die mid­del van Pa­rys. Man, ons ry soos ou, ge­sou­te gid­se tot reg voor die kam­peer­plek se hek, smack bang in die mid­del van Pa­rys.

‘n GPS is so­waar ‘n ma­gic ding. Dit het be­slis al my en Fran­cois se mar­ria­ge ge­red!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.