Mo­tor be­land in kon­struk­sie­gat

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - Fo­to: Lou­i­se Mou­ton.

‘n Voer­tuig het Sa­ter­dag­aand 1 Ju­lie om on­ge­veer 21:00 op die R304 (S­til­baai-pad) waar pad­kon­struk­sie­werk tans ge­doen word, na­by Bot­ter­kloof in ‘n kon­struk­sie­gat be­land. Nood­diens­te moes die ses in­sit­ten­des uit die voer­tuig haal, waar­van twee met die ka­ke van die le­we uit­ge­sny moes word. Die vier vol­was­se­nes en twee kin­ders is nie erns­tig be­seer nie, maar is die be­stuur­der en ‘n vrou na Ge­or­ge Hos­pi­taal oor­ge­plaas. WJ du Toit (Mar­tin & East) het aan Suid-Kaap Forum ge­noem dat ver­keer op die spe­si­fie­ke plek Sa­ter­dag­mid­dag 1 Ju­lie na die nu­we ge­deel­te her­lei is met die no­di­ge ver­keers­te­kens in plek. Die plaas­li­ke NSRI was eer­ste op die to­neel, waar­na Me­tro Nood­diens­te en Hes­se­qua Ramp­be­stuur dit oor­ge­neem het. Teen Maan­dag­og­gend 3 Ju­lie was die voer­tuig nog in die gat, maar is la­ter ver­wy­der. Die ou ge­deel­te waar die ver­leg­ging eers was, as­ook die nu­we ge­deel­te waar­heen ver­keer her­lei is, is weers­kan­te van die O­pel sig­baar .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.