Stuk­ken­de to­ring ‘n do­ring in vlees

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - Keith Ek­steen kor­re­spon­dent

RI­VERS­DAL Die SABC-to­ring wat deur die wind op Vry­dag 7Ju­nie om­ge­waai is, is nog nie her­stel nie.

Die to­ring is deur die des­tyd­se stads­raad aan­ge­koop om die SABC-te­le­vi­sie­sein te ver­sterk, as­ook die des­tyd­se M­net-ka­naal. In­wo­ners van die dorp en spe­si­fiek die Mô­re­stond-woon­buurt, sit tans met swak te­le­vi­sie op­vangs.

In ge­sprek met rdl Chris Tau­te meld hy dat voor die ska­de, “dit aan­ge­meld het by Jo­han Ja­cobs.

Van my plei­dooie het op dow­we ore ge­val. Weer­eens ‘n be­wys dat die mu­ni­si­pa­le raad nie die lot van sy in­wo­ners ter har­te neem nie.”

In sy kom­men­taar noem Jo­han Ja­cobs (mu­ni­si­pa­le be­stuur­der) dat die to­ring nie om­ge­val het nie, maar be­ska­dig is ge­du­ren­de die storm.

“Ty­dens die eer­ste ge­deel­te van die storm het ‘n paal die an­ker­dra­de van die to­ring be­ska­dig en dit is deur amp­te­na­re van die mu­ni­si­pa­li­teit be­soek, maar voor dit vol­le­dig her­stel kon word is die to­ring ver­der deur die wind be­ska­dig.

Van die toe­rus­ting is ook be­ska­dig en is drin­gend deur die mu­ni­si­pa­li­teit, deur mid­del van ‘n diens­ver­skaf­fer, ver­vang. Van die toe­rus­ting is spe­si­a­lis­toe­rus­ting wat nie van­af die rak aan­ge­koop word nie.”

Fo­to: Keith Ek­steen, kor­re­spon­dent

Die storm­sterk­te wind vroe­ër in Ju­nie het re­de­lik ska­de in die om­ge­wing aan­ge­rig – ook aan die te­le­vi­sie­to­ring en die be­dra­ding rond­om op Mô­re­stond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.