Saak van plaas­roof sloer on­no­dig

Suid-Kaap FORUM - - News - E­li­ze Blom

RI­VERS­DAL Die vier­de ver­dag­te in die plaas­roof op Danie en An­ge­li­ka Craf­ford het Dins­dag 27 Ju­nie in die land­dros­hof ver­skyn.

U­na­thi Ma­bi (28) se saak is tot Maan­dag 24 Ju­lie vir uit­spraak op sy borg­aan­soek uit­ge­stel. Die eg­paar is Sa­ter­dag 11 Maart op hul plaas, Kooi­goed net bui­te Ri­vers­dal deur se­we ge­wa­pen­de mans oor­val en be­roof. Bei­de, as­ook hul plaas­wer­ker is deur die ro­wers vas­ge­bind. Met hul soek­tog na geld, hand­wa­pens en skoot­re­ke­naars is ver­woes­ting deur die huis ge­saai. Die ver­dag­tes het op vlug ge­slaan met die eg­paar se bak­kie, sel­fo­ne en skoot­re­ke­naars. Die bak­kie is la­ter op die grond­pad, on­ge­veer 2km van hul plaas ver­la­te ge­vind. Craf­ford het daar­in ge­slaag om hom­self te be­vry en om hulp te gaan soek. Vier ver­dag­tes is in heg­te­nis ge­neem.

Met hul ver­sky­ning op 3 A­pril het die saak 'n wen­ding ge­neem deur­dat die aan­klag­te teen Siy­a­bon­ga Son­q­wa­ba (30), An­da Si­z­wa­na (32) en Siy­a­bu­le­la Be­le­ka­na (34) deur die staat te­rug­ge­trek is. Ma­bi bly in aan­hou­ding tot sy vol­gen­de ver­sky­ning.

* Vir vo­ri­ge be­rig­ge­wing van die saak volg: http://www.suid­kaap­fo­rum.com/news/News/ Ge­ne­ral/187626/Ri­vers­dal­plaas­aan­val-Saak­weer-uit­ge­stel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.