D­reig­brief oor hon­de ont­stel

Suid-Kaap FORUM - - News - Lou­i­se Mou­ton

RI­VERS­DAL 'n Troe­tel­dier-ei­e­naar is erg ont­steld na­dat sy en haar buur­man elk 'n d­reig­brief oor hul hon­de ont­vang het.

Die brief is in 'n kin­der­li­ke hand­skrif ge­skryf, moont­lik om die skry­wer se i­den­ti­teit te ver­doe­sel.

Sy het die brief Vry­dag­mid­dag 7 Ju­lie ge­kry waar dit in haar tuin­hek­kie ge­druk was. "Hier­die is die eer­ste d­reig­brief wat ek kry. Ek woon nou vyf jaar in Hei­de­land. Dit laat my won­der oor my Jack Rus­sel wat in Mei ver­le­de jaar ver­gif­tig is." Vol­gens haar is daar om­trent agt hon­de in De Co­ra­straat.

Hes­se­qua se skut­mees­ter, Her­man Con­ra­die het haar op 1 Ju­lie om 20:00 die aand ge­ska­kel om haar in te lig dat Ad­nes­hell Voss (be­stuur­der: Be­sker­mings­diens­te) deur men­se oor haar hon­de ge­bel word. "Ek was op Hei­del­berg, maar net na 23:00 weer tuis. Van my fa­mi­lie wat die na­week ge­kui­er het, het juis vroe­ër huis toe ge­gaan weens die op­roep." Hul­le het haar in­ge­lig dat nie haar wors­hond of Coc­ker S­pa­niel ge­blaf het nie. "Hul­le het aan die on­der­kant van die straat par­keer om eer­ste­hands te luis­ter of die klag me­rie­te het. Toe hul by die huis stop het die hon­de be­gin blaf." Sy vind dit eg­ter vreemd dat sy geen kor­re­spon­den­sie of be­soe­ke van Hes­se­qua Wet­stoe­pas­sing ont­vang het nie.

Die klein­lik­heid maak haar brie­send. "Hoe­kom so 'n laf­aard wees om ag­ter 'n kind te skuil en 'n brief vir net som­mi­ge in­wo­ners in die straat te s­tuur in plaas om van aan­ge­sig met my te ge­sels?"

Sy be­klem­toon dat sy heel­wat aan­de die hon­de in die huis toe­maak. "Ek hoor hoe an­der hon­de heel­nag blaf. Hoe­kom word die skut nie daar­die tyd van die nag ge­bel om on­der­soek in te stel nie?"

Die klag­tes word vol­gens haar net in­ge­dien wan­neer die ge­sin nie vir die na­week tuis is nie. "Dit laat mens won­der!"

Die brief is per pos ge­stuur. Die brief in kin­der­li­ke skrif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.