Twee op Hei­del­berg ver­mis

Suid-Kaap FORUM - - News - C­li­ve P­re­to­ri­us kor­re­spon­dent

HEI­DEL­BERG Twee mans van dié dorp is ver­le­de week as ver­mis by die plaas­li­ke po­li­sie­sta­sie aan­ge­meld na­dat hul blyk­baar spoor­loos ver­dwyn het, ter­wyl 'n der­de man reeds twee jaar ge­le­de ver­mis ge­raak het.

Da­vid Pon­go­la

Pon­go­la is in sy 50’s en van Hoog­straat. Hy is se­dert Vry­dag 7 Ju­lie ver­mis na­dat hy glo by fa­mi­lie op Co­les­berg in die Oos-Kaap vir ’n paar we­ke ge­kui­er het. Vol­gens die po­li­sie was dit ge­re­ël dat hy Vry­dag met die taxi tot op Wor­ces­ter sou ry, waar sy fa­mi­lie hom by Wor­ces­ter po­li­sie­sta­sie sou ont­moet. Met sy fa­mi­lie se aan­koms by die po­li­sie­sta­sie was hy eg­ter nê­rens te vin­de nie.

Ao Al­roy Wind­vo­gel (me­dia woord­voer­der) noem dat, vol­gens sy be­kom­mer­de fa­mi­lie die tax­i­be­stuur­der glo be­ves­tig het dat hy Pon­go­la by die po­li­sie­sta­sie af­ge­laai het. "Die po­li­sie dra eg­ter geen ken­nis daar­van nie." Sy fa­mi­lie vrees nou die erg­ste om­dat hy ’n e­pi­lep­tie­se ly­er is en waar­skyn­lik geen me­di­ka­sie by hom het nie. Hul kon ook nie be­ves­tig dat hy by die hos­pi­taal of kli­niek op Wor­ces­ter aan­ge­doen het nie.

E­nig­ie­mand met in­lig­ting kan Hei­del­berg Po­li­sie ska­kel by 028 722 1910 of by die po­li­sie­sta­sie van die dorp waar hy op­ge­merk is.

Chris­to S­lin­gers (53) - op­ge­spoor S­lin­gers se fa­mi­lie was be­kom­merd na­dat hy die huis op Don­der­dag 6 Ju­lie ver­laat en nie weer by die huis op­ge­daag het nie. Hy was vir 'n paar dae soek, maar was Maan­dag 10 Ju­lie op Ri­vers­dal deur ver­skeie men­se op­ge­merk wat hom mee­ge­deel het dat hy as ver­mis aan­ge­meld is. Vol­gens Wind­vo­gel is hy eg­ter nog nie as 'ge­vind' by die po­li­sie­sta­sie aan­ge­meld nie. Hy rig 'n plei­dooi aan in­wo­ners om nie on­ver­ant­woor­de­lik op te tree deur net weg te raak son­der om hul fa­mi­lies in ken­nis te stel nie. "Dit kos die staat baie om o­pe­ra­sies te loods om men­se wat nie werk­lik ver­mis is nie, te gaan soek."

Da­wid Ok­to­ber (54)

Boe­tie Kaas, soos hy al­om­be­kend is, is reeds vir byna twee jaar ver­mis. Hy het op 22 Ju­lie 2015 spoor­loos ver­dwyn na­dat hy uit die hos­pi­taal op Ri­vers­dal ont­slaan is.

Hy is ook 'n e­pi­lep­tie­se ly­er en ly soms aan ge­heu­e­ver­lies. Vol­gens sy sus­ter, Anna en haar man, Jo­han­nes Sep­tem­ber by wie hy in Dol­lar S­qua­re ge­woon het, het hul­le hom feit­lik in al die om­lig­gen­de dor­pe in die Hes­se­qua-streek, as­ook S­wel­len­dam, La­di­smith, Mos­sel­baai en Ge­or­ge by uit­hang­plek­ke, hos­pi­ta­le en po­li­sie­sta­sies gaan soek.

Vol­gens Wind­vo­gel het hul soek­tog na Ok­to­ber ver­le­de jaar hul­le tot op Wor­ces­ter ge­neem. Tot op he­de weet nie­mand blyk­baar waar hy hom be­vind nie. Sy fa­mi­lie vrees die erg­ste en ver­wag e­ni­ge dag om te hoor dat sy lig­gaam ie­wers in ’n vlak graf of in ’n bos ge­vind is.

E­nig­ie­mand wat dalk weet waar Ok­to­ber hom be­vind, kan Sep­tem­ber by 061 697 2010 of Hei­del­berg Po­li­sie by 028 722 1910 ska­kel.

• Vir 'n vo­ri­ge be­rig be­soek http:// www.suid­kaap­fo­rum.com/news/News/ Ge­ne­ral/180803/Sus­ter-ra­send-oor-ver­mis­te­broer.

Da­vid Pon­go­la.

Da­wid Ok­to­ber. Fo­to’s ver­skaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.