S­lim plan be­raam vir die­re op stran­de

Suid-Kaap FORUM - - News -

JONGENSFONTEIN Die Jongensfontein In­wo­ners­ver­e­ni­ging (JIV) is ge­du­rig be­sig om te be­sin oor hoe om dié kus­dor­pie nog meer aan­trek­lik vir in­wo­ners en be­soe­kers te maak.

Hon­de - aan ‘n lei­band - is die mens se groot­ste vriend en dit is ‘n groot be­spre­kings­punt deur waar hul­le toe­ge­laat mag word en waar nie. Hon­de­bol­lie is oor die al­ge­meen die groot­ste pro­bleem en het die JIV met ‘n o­plos­sing ge­kom deur hon­de­sak­kies in ‘n hou­er op stra­te­gie­se pun­te deur die dorp te plaas.

"Ons het Hes­se­qua Mu­ni­si­pa­li­teit ge­na­der om meer van hul­le ken­nis­ge­wings­bor­de soos op die fo­to te be­kom. Die bord en die hou­er vir sak­kies gaan hand aan hand en hon­de ei­e­naars het nou nie nie meer die ver­sko­ning dat hul­le ver­geet het om ‘n sak­kie saam te dra nie. Wet­ge­wing en die af­dwing daar­van moet deur die be­trok­ke de­par­te­ment meer dik­wels toe­ge­pas word," sê Naas Pal­mer (voor­sit­ter: JIV). Hy noem ver­der dat hul­le be­oog om 10 van hier­die hon­de­sak­kie hou­ers al teen die kus af aan te bring. "Ons doen dit uit eie fond­se en ons hoop dat hier­die i­ni­si­a­tief nie weer ge­van­da­li­seer gaan word nie. Kom en laat hier­die pro­jek reg­deur die he­le Hes­se­qua vlam­vat. Ons is mos die skoon­ste en groen­ste dorp in die land."

Die hon­de­sak­kie hou­ers wat op Jongensfontein op­ge­rig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.