Pu­bliek gaan lan­ger op Jan Taks-be­ta­lings wag

Suid-Kaap FORUM - - News -

WES-KAAP Be­las­ting­be­ta­lers gaan die jaar lan­ger op uit­be­ta­lings wag.

Die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) het die af­ge­lo­pe week dié aan­kon­di­ging ge­maak. By­ko­men­de ri­si­ko­p­ro­ses­se om le­gi­ti­mi­teit en ak­ku­raat­heid van te­rug­be­ta­lings te ver­se­ker is ge­ïm­ple­men­teer. Vol­gens SAID het hul­le 'n ver­plig­ting teen­oor be­las­ting­be­ta­lers, as­ook die fis­kus om toe te sien dat on­wet­ti­ge ei­se en be­drog ge­staak word.

Te­rug­be­ta­lings sal ge­skied as alle pro­ses­se af­ge­han­del is, maar wet­ti­ge te­rug­be­ta­lings sal so gou moont­lik ge­skied. Die pu­bliek word ver­der teen be­las­tin­g­i­den­ti­teits­be­drog ge­waar­sku.

Die lig­gaam sal nooit 'n be­las­ting­be­ta­ler se bank­be­son­der­he­de of e­ni­ge per­soon­li­ke in­lig­ting via e-pos, SMS of pos ver­soek nie. Kor­re­spon­den­sie waar be­las­ting­be­ta­lers ver­soek word om op ska­kels te klik sal ook nie uit­ge­stuur word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.