IN ME­MO­RI­AM

Suid-Kaap FORUM - - News - P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent). (C­li­ve (C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent).

HEI­DEL­BERG Do­rat­hea Mag­da­le­na Eras­mus (71), be­ter be­kend as Mac, is Son­dag 4 Ju­nie na ‘n kort siek­bed oor­le­de.

Eras­mus was die eg­ge­no­te van wy­le A­rend (Ak­ker) Eras­mus, be­ken­de ver­voer­kon­trak­teur wat haar op 2 Fe­bru­a­rie 2016 ty­dens haar 70ste ver­jaars­dag­vie­rin­ge ont­val het. Uit die huwelik van 48 jaar word twee kin­ders, An­ge­la en Jo­han ge­bo­re. Hoe­wel sy klein van pos­tuur was, was sy groot in ka­rak­ter - “de­fi­ni­te­ly a for­ce to be recko­ned with,” al­dus haar dog­ter, An­ge­la. “Sy het net haar bes­te vir haar ge­sin, fa­mi­lie en vir al­mal met wie sy te doen ge­had het, ge­gee en ge­doen.”

Haar ma was baie stil en ne­de­rig, maar het oor baie wys­heid be­skik. “Sy het ons al­mal met raad en daad ge­lei en ge­help, maar meer be­lang­rik, het sy al­tyd vir ons ‘n voor­beeld ge­stel met hoe sy ge­leef het, naam­lik dat jy jou­self nooit ho­ër as an­der men­se moet ag nie. Moet nooit ver­geet waar jy van­daan kom nie. Wees in alle om­stan­dig­he­de dank­baar. God voor­sien el­ke dag vir ons."

Bui­ten haar kin­ders laat sy 'n skoon­dog­ter, Me­ryl; twee klein­kin­ders, Yo­wan en A­mor, as­ook d­rie sus­ters ag­ter. Die be­graf­nis­diens was Sa­ter­dag 10 Ju­nie van­uit die JF Neu­mann Me­mo­ri­al Con­gre­ga­ti­o­nal Kerk.

HEI­DEL­BERG 'n Oud-pe­trol­jog­gie van dié dorp is na 'n kort siek­bed aan huis op 24 Ju­nie oor­le­de.

Die 67-ja­ri­ge John (Ou­man) King is Sa­ter­dag 1 Ju­lie van­uit St Bar­na­bas Ang­li­kaan­se Kerk be­gra­we. Die diens was deur eerw Sid­ney P­hi­lan­der ge­lei. King was een van 11 kin­ders. Hy was 45 jaar by 'n plaas­li­ke diens­sta­sie werk­saam tot so­wat d­rie jaar ge­le­de. Hy was on­ge­veer 75cm hoog en het wei­nig meer as 25kg ge­weeg. Ou­man was lands­wyd onder mo­to­ris­te be­kend, om­dat hy so ’n groot trek­pleis­ter by die mo­tor­ha­we was, ver­al vir kin­ders.

Vol­gens sy swa­er, Joey Mo­ses was King ’n ge­lief­de per­soon wat ver­al ’n groot lief­de vir kin­ders ge­had het. Mo­ses het ty­dens sy hul­de­blyk ge­noem dat King ook 'n paar jaar as wyn­kel­ner by ’n ho­tel op S­tel­len­bosch ge­werk het, waar hy net so ge­wild onder die gas­te was.

King laat d­rie broers en d­rie sus­ters ag­ter.

Fo­to: C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent.

Wy­le John King.

Fo­to: C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent.

Wy­le Do­rat­hea ‘Mac’ Eras­mus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.