Kers­va­der se be­soek ver­vroeg?

Suid-Kaap FORUM - - News -

S­TIL­BAAI In­wo­ners, va­kan­sie­gan­gers en be­soe­kers word uit­ge­nooi om K­ris­mis in die mid­del van die nat en koue win­ter op S­til­baai te vier.

Die 'Chris­t­mas in Ju­ly' fees­te­lik­he­de sal van­af 17 tot 22 Ju­lie aan­ge­bied word. Be­sig­he­de en in­stan­sies gaan vir dié week be­hoor­lik fees vier. Die hoog­te­punt sal na­tuur­lik die aand­straat­mark in Voor­trek­ker­straat wees wat op Vry­dag 21 Ju­lie van­af 17:00 aan­ge­bied word.

Dit is die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar dat dit op dié dorp aan­ge­bied word. Van­jaar sal selfs meer be­sig­he­de, in­stan­sies en or­ga­ni­sa­sies deel­neem met i­ni­si­a­tie­we wat in­sluit 'n brei­ma­ra­thon, ak­ti­wi­tei­te by die plaas­li­ke toe­ris­me­bu­ro, spe­si­a­le e­tes by re­stau­ran­te, as­ook wyn- en port-proe­ge­leent­he­de. Be­sig­he­de en win­kels word ge­nooi om reeds vroeg hul kers­ver­sie­rings af te stof en hul win­kels vro­lik op te tooi.

Vol­gens die or­ga­ni­seer­ders van van­jaar se fees­week, is heel­wat stal­le­tjies vir die aand­straat­mark be­skik­baar en kan be­soe­kers hul ge­reed­maak vir ‘n ver­skei­den­heid heer­li­ke eet- en drink­goed, in­ge­leg­de pro­duk­te, vars pro­duk­te, u­nie­ke hand­ge­maak­te i­tems, selfs juwele en an­der snuis­te­rye. "Dit sal voor­waar die i­de­a­le p­lek wees om ‘n paar ge­sken­kies vir die wa­re Kers­fees aan te skaf. Mu­siek, Kers­lig­gies en op­tre­des deur plaas­li­ke kuns­te­naars sal tot die ge­sel­li­ge at­mos­feer van dié mark by­dra en Kers­va­der se be­soek om 19:00 om ge­sken­kies vir die kin­ders uit te deel, be­hoort nog ‘n hoog­te­punt te wees," sê El­za T­hi­art-Bo­tes.

Heel­wat ak­ti­wi­tei­te sal vir die kin­ders aan­ge­bied word. "Die aand se her­in­ne­rin­ge kan pret­tig in ‘n fo­to­hok­kie vas­ge­lê word. Win­kels in dié straat se deu­re sal tot laat oop wees." Die or­ga­ni­seer­ders poog om die he­le dorp by dié i­ni­si­a­tief te be­trek en nooi va­kan­sie­gan­gers, as­ook be­soe­kers van na­bu­ri­ge dor­pe uit om die ge­leent­heid saam met S­til­baai te vier. Meer in­lig­ting en ‘n op­ge­da­teer­de ak­ti­wi­teits­pro­gram is op die so­si­a­le net­werk by ‘S­til­baai Chris­t­mas in Ju­ly’ be­skik­baar. Ska­kel Jo­han­nie Ver­meu­len by 028 754 1655 vir meer in­lig­ting.

Die ‘Chris­t­mas in Ju­ly’ van ver­le­de jaar het be­soe­kers na hul a­sems laat snak met die mooi ver­sie­rings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.