Jon­ges pronk by mo­de­pa­ra­de

‘Bid aan­hou­dend vir hul­le en hul sal op die reg­te tyd te­rug­keer.’

Suid-Kaap FORUM - - News - (C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent).

HEI­DEL­BERG ’n S­pog­di­nee as fonds­in­sa­me­ling deur die AGS-Oos Son­dag­skool het Sa­ter­dag­aand 24 Ju­nie in die Dui­ven­hoks Ge­meen­skap­saal plaas­ge­vind.

Die ver­rig­tin­ge het ook ’n mo­de­pa­ra­de in­ge­sluit. Pe­tro­nel­la Jan­tjies, ma van die be­ken­de ak­teur, T­he­o­do­re, het as se­re­mo­nie­mees­ter op­ge­tree. Past Mar­tin Mey­er het met ge­bed ge­o­pen, ter­wyl Syn­thia Lotz die be­dan­kings waar­ge­neem het. B­rid­get Wil­li­ams (gas­spre­ker) van die Ta­ber­na­kel Pink­ster Sen­ding­kerk in Fi­r­gro­ve het die gas­te daar­aan her­in­ner dat kin­ders se­ë­nin­ge van God is en ’n erns­ti­ge plei­dooi aan die ou­ers ge­rig om nooit op te gee op hul kin­ders nie. “Bid aan­hou­dend vir hul­le en hul sal op die reg­te tyd te­rug­keer.” Vol­gens haar moet die ou­er Chris­te­li­ke lei­ding gee, so­dat die kind be­hoor­li­ke rig­ting in die le­we kan hê om nie deur ver­keer­de vrien­de be­ïn­vloed te word nie.

Ty­dens die mo­de­pa­ra­de het die deel­ne­men­de kleu­ters hul ou­ers en fa­mi­lie ge­wys waar­toe hul­le in staat is. Kel­ly Hen­dricks en Nat­han Vol­len­ho­ven was as Mej en Mnr AGS-Oos aan­ge­wys.

Va­nes­sa Jo­seph was die bes­ge­kle­de da­me, ter­wyl past Gert Pie­ter­se en sy vrou, An­ge­li­ne as bes­ge­klee­de paar­tjie aan­ge­wys was. Die be­oor­de­ling was deur Ni­ta P­re­to­ri­us, Ag­nes We­wers en Zan­dré Fe­bru­a­ry waar­ge­neem.

Fo­to: C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent.

Voor van links is Nat­han Vol­len­ho­ven en Kel­ly Hen­dricks wat as Mnr en Mej AGS-Oos aan­ge­wys is. Ag­ter: Ro­ni­que Sla­wers, Lo­ma O­li­vier, A­bi­gail Hart­nick, Ky­le Hen­dricks, Fer­nan­do Jan­tjies en E­van Jou­bert wat naas­wen­ners was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.