16 Kerk­gan­gers in on­ge­luk

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - C­li­ve P­re­to­ri­us kor­re­spon­dent

HEIDELBERG ’n Groep ge­meen­te­le­de van Kaap­stad het Son­dag­mid­dag 16 Ju­lie om on­ge­veer 17:00 ’n noue ont­ko­ming ge­had toe die Qu­an­tam­bus­sie waar­in hul­le op pad te­rug huis toe was, so­wat 4km net bui­te Heidelberg die pad ver­laat, om­ge­slaan en in die lan­de­ry op die sy­kant te lan­de ge­kom het.

Al­te­saam 16 in­sit­ten­des, waar­on­der 12 vroue en vier mans het van ge­rin­ge, tot erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen. Hul­le is on­der­skei­de­lik na Ri­vers­dal en S­wel­len­dam se hos­pi­ta­le ver­voer. Die to­neel het soos ’n slag­veld in die ske­mer ge­lyk met die nood­voer­tuie se lig­te wat die na­de­ren­de don­ker ver­lig het.

Vol­gens om­stan­ders op die to­neel, wat deel van die kon­vooi van voer­tuie was, is hul­le le­de van die No­ah’s Ark Kerk van Kaap­stad, wat vir die na­week in Knysna was.

Hul­le was on­ge­veer 150 ge­meen­te­le­de wat in vyf Qu­an­tam bus­sies, een 60-sit­plek bus, as­ook ‘n paar mo­tors ge­reis het.

Vol­gens die po­li­sie op die to­neel ver­moed hul­le dat ’n band ge­bars en die be­stuur­der be­heer oor die voer­tuig ver­loor het.

Fo­to: C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent.

Som­mi­ge van die pas­sa­siers moes met die ka­ke van die le­we uit die bus­sie be­vry word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.