Suid-Kaap FORUM

Doen jou deel om kuslyn skoon te hou

-

STILBAAI ‘n Groep vrywillige­rs gaan Saterdag 22 Julie die strande vanaf Jongensfon­tein in die rigting van Stilbaai opruim.

Hul benodig nog mense om te help. “Ons verskaf die plastieksa­kke en almal se harde werk sal beloon word met ‘n worsrol en ietsie te drinke wat deur Stilbaai Spar geborg word,” sê Miranda van Aardt (organiseer­der).

Sy noem verder dat alle plastiek wat hul optel op ‘n vorm ingevul word wat hul na SA Plastic sal deurstuur. Volgens haar sal niks wat opgetel word weggegooi word nie, maar herwin sal word.

Om deel te wees die dag SMS jou naam, kontakbeso­nderhede en die hoeveelhei­d mense wat wil bywoon na 082 475 8040. Die spertyd is 20 Julie. Almal ontmoet mekaar om 14:00 by Drie Pikkewyne Restaurant op Jongensfon­tein.

 ??  ?? Die kuslyn van Jongensfon­tein.
Die kuslyn van Jongensfon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa