Land­dros straf swaar

Suid-Kaap FORUM - - News - E­li­ze Blom

ALBERTINIA Die tus­sen­gan­gers van ‘n dwelm­net­werk is op Woens­dag 16 Au­gus­tus swaar ge­van­ge­nis­straf op­ge­lê deur die waar­ne­men­de land­dros Ma­se­ti in Albertinia-land­dros­hof. Den­zil P­rin­ce is ‘n ef­fek­tie­we ge­van­ge­nis­straf van 12 jaar op­ge­lê, waar sy twee me­de­be­skul­dig­des, Zil­len Ver­tyn en Hend­ry Vaal­tyn on­der­skei­de­lik agt jaar ef­fek­tie­we ge­van­ge­nis­straf op­ge­lê is. Die staats­aan­kla­er in die aan­ge­leent­heid is adv. Her­man S­teyn. Die ver­dag­tes is in De­sem­ber 2016 op Albertinia in heg­te­nis ge­neem en borg­tog is suk­ses­vol teen­ge­staan. Ver­tyn en P­rin­ce was in aan­hou­ding. Vaal­tyn is vry­ge­laat, maar ge­waar­sku om hof­ver­rig­tin­ge by te woon. Al drie is op die hoof­klag­te van han­del­dryf in dwelms (tik en Man­drax) aan­ge­kla. Die ak­ti­wi­tei­te van hier­die han­de­laars het ‘n tyd­perk as ge­rug­te die ron­de ge­doen. ‘n On­der­soek­be­amp­te, ver­bon­de aan die Da Ga­mas­kop-po­li­sie is deur b­rig. Ger­rit Jan­tjies af­ge­vaar­dig om dié ge­spe­si­a­li­seer­de on­der­soek te be­har­tig. Sers. JM S­pan­gen­berg het na die hof­ver­rig­tin­ge met Suid-Kaap Forum ge­sels: “Ek aan­vaar nie die feit dat die ge­meen­skap t­wee­de moet kom en ou­ers in vrees moet toe­kyk hoe s­mok­ke­laars die stra­te oor­neem nie. Die ge­meen­skap kom eer­ste, die be­lan­ge en wel­stand van el­ke in­wo­ner van hier­die dorp was my dryf­krag ag­ter die on­der­soek. Ek is oor­tuig dat ons hier­die eu­wels; dwelm- en drank­mis­bruik uit die ge­meen­skap kan dryf as ons al­mal saam­werk.” Ver­tyn se moe­der, Se­no­bia Ver­tyn (54), en ‘n me­de­be­skul­dig­de word in die vrou­e­ge­van­ge­nis op Oudts­hoorn aan­ge­hou en sal Maan­dag 28 Au­gus­tus in die streek­hof op Mos­sel­baai voor­kom. “Ek wil ‘n spe­si­a­le woord van dank aan konst. Fran­cois Fie­lies, ver­bon­de aan Albertinia-speur­tak rig. Hy het op kort ken­nis­ge­wing son­der hui­we­ring in­ge­stem om ter ver­swa­ren­de ge­tui­e­nis ty­dens die von­nis­op­leg­ging op te tree.”

Sers. JM S­pan­gen­berg

Konst. Fran­cois Fie­lies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.