Saak teen boer tot Sep­tem­ber uit­ge­stel

Suid-Kaap FORUM - - News - Nic­key le Roux Mos­sel­baai Ad­ver­ti­ser

MOS­SEL­BAAI ‘n Land­bou­er van Riversdal, Jan Da­ni­ël Ja­co­bus Jan­se van Rens­burg, het Woens­dag 16 Au­gus­tus in die Mos­sel­baai-streek­hof voor land­dros JC Nor­tjé op aan­klag van straf­ba­re man­slag ver­skyn. Die streek­hof­aan­kla­er, Jo­han Eras­mus, het die hof ver­soek dat die saak, han­gen­de ‘n ver­toë wat aan die de­par­te­ment o­pen­ba­re ver­vol­ging ge­maak gaan word, oor­ge­plaas moet word na die Ri­vers­dal­streek­hof, waar die be­skul­dig­de weer op 29 Sep­tem­ber voor die hof sal ver­skyn. ‘n Las­brief vir ar­res­ta­sie vir die be­skul­dig­de wat nie by ‘n vo­ri­ge hof­ver­sky­ning op­ge­daag het nie, is deur Nor­tjé op ver­soek van die aan­kla­er in­ge­trek. Jan­se van Rens­burg het sy buur­man, Chris Harm­se (61), ver­le­de jaar na be­we­ring aan­ge­rand na ‘n woor­de­wis­se­ling oor die on­der­houd van ‘n wa­ter­sloot. Dit het op die plaas Pe­per­duur­fon­tein in die Kruis­ri­vie­rom­ge­wing plaas­ge­vind. Harm­se het kort na die voor­val in die Li­fe Bay View- hos­pi­taal op Mos­sel­baai na ‘n o­pe­ra­sie be­swyk. • Vir ‘n vo­ri­ge ar­ti­kel be­soek http:// www.suid­kaap­fo­rum.com/news/News/ Ge­ne­ral/158368/Boer-dood-na-ba­klei­e­ry-oor­wa­ter­sloot

Wy­le Chris Harm­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.