Kon­tak­punt vir Slang­ri­vier be­kend

Suid-Kaap FORUM - - News -

Hei­del­berg-po­li­sie het op Woens­dag 21 Au­gus­tus ‘n ge­meen­skap s ver­ga­de­ring op Slang ri­vier ge­hou. Die ver­ga­de­ring is deur kol. Una Saay­man, waar­ne­men­de ge­bied s be­vel­voer­der ge­lei. Die ge­meen­skap het dit goed on­der­steun en ver­soek dat die kon­tak­punt op Slang­ri­vier meer ge­reeld oop­ge­maak moet word. Die ge­meen­skap het ook ge­kla oor die las wat hul­le met rond­lo­per­hon­de het. Ad­ju­dant-of­fi­sier Al­roy Wind­vo­gel, me­dia woordvoerder van Hei­del­berg-po­li­sie, het be­ves­tig dat daar die af­ge­lo­pe tyd drie on­ge­luk­ke plaas­ge­vind het waar­van rond­lo­per­hon­de die oor­saak was. Na die ver­ga­de­ring het die be­stuur van Hei­del­berg-po­li­sie be­sluit dat die kon­tak­punt op Slang­ri­vier in die toe­koms op die vol­gen­de tye oop sal wees: Maan­dae, Woens­dae en Vry­dae van­af 10:00 tot 17:00. Na­we­ke: Vry­dag­aand van­af 18:00 tot Sa­ter­dag­og­gend 02:00 as­ook Sa­ter­dag­aand van­af 18:00 tot Son­dag­og­gend 02:00. Kol. Saay­man het die ge­meen­skap be­dank vir hul teen­woor­dig­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.