Ri­vers­dal Po­li­sie­nuus

Suid-Kaap FORUM - - News -

Ver­dag­tes slaan op vlug

‘n Ver­dag­te grys pa­neel­wa is Dins­dag 15 Au­gus­tus op die N2, rig­ting Hei­del­berg op­ge­merk en ‘n lid van die pu­bliek het die po­li­sie daar­van in ken­nis ge­stel. Die voer­tuig is voor­ge­keer, maar twee ver­dag­tes het op die vlug ge­slaan. “Bin­ne die voer­tuig is 16 North S­tar sel­foon­to­ring by­stand­bat­te­rye, as­ook ge­reed­skap soos ‘n saag en koe­voet ge­vind,” sê Ri­vers­dal-po­li­sie se me­di­a­woord­voer­der, sers. Ed­wi­na Hes­kwa. Be­slag is op die voer­tuig ge­lê, wat tans in die voer­tuig­skut is. Die on­der­soek­be­amp­te is sers. Abe Kam­fer. (Keith Ek­steen, kor­re­spon­dent)

Plaas­roof-saak wéér uit­ge­stel

Die vier­de ver­dag­te in die plaas­roof op Da­nie en An­ge­li­ka Craf­ford het Maan­dag 28 Au­gus­tus in die land­dros­hof ver­skyn. U­na­thi Ma­bi (28) se saak is tot Maan­dag 9 Ok­to­ber uit­ge­stel vir dos­sier en ver­de­re on­der­soek. Die eg­paar is Sa­ter­dag 11 Maart op hul plaas, Kooi­goed, net bui­te Ri­vers­dal deur se­we ge­wa­pen­de mans oor­val en be­roof. Bei­de, as­ook hul plaas­wer­ker is deur die ro­wers vas­ge­bind. Met hul soek­tog na geld, hand­wa­pens en skoot­re­ke­naars is ver­woes­ting deur die huis ge­saai. Die ver­dag­tes het op vlug ge­slaan met die eg­paar se bak­kie, sel­fo­ne en skoot­re­ke­naars. Die bak­kie is la­ter op die grond­pad, on­ge­veer 2 km van hul plaas ver­la­te ge­vind. Craf­ford het daar­in ge­slaag om hom­self te be­vry en om hulp te gaan soek. Vier ver­dag­tes is in heg­te­nis ge­neem. Met hul ver­sky­ning op 3 A­pril het die saak ‘n wen­ding ge­neem deur­dat die aan­klag­te teen Siy­a­bon­ga Son­q­wa­ba (30), An­da Si­z­wa­na (32) en Siy­a­bu­le­la Be­le­ka­na (34) deur die staat te­rug­ge­trek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.