Be­graaf­plaas hei­ning on­vol­le­dig

Suid-Kaap FORUM - - Nuus - Wil­ma A­damson

RI­VERS­DAL Ver­skeie klag­tes oor die toe­stand van die plaas­li­ke be­graaf­plaas langs die N2 is aan Suid-Kaap Fo­rum ge­stuur.

Van die klag­tes is on­der meer dat die be­graaf­plaas slegs aan die kant ‘n hei­ning het. Van­da­le kan steeds aan die voor­kant toe­gang ver­kry. ‘n Groot aan­tal graf­ste­ne is óf om­ge­stamp, óf ge­breek. Vul­lis, leë rooi prop­pie­wyn­bot­tels en lang on­kruid plek-plek ont­sier die be­graaf­plaas.

“Hoe­kom kan die mu­ni­si­pa­li­teit nie die be­graaf­plaas heel­te­mal om­hein met lem­me­tjies­draad bo-aan nie? Hul­le kan dan die hek sluit en sleu­tels aan naas­be­staan­des ver­koop vir toe­gangs­be­heer,” stel een van die kla­ers voor.

Kom­men­taar deur Hes­se qua mu­ni­si­pa­li­teit: Die mu­ni­si­pa­li­teit be­treur die be­ska­di­ging van graf­ste­ne en be­graaf­pla­se. Hes­se­qua-wets­toe­pas­sers pa­trol­leer dit ge­reeld om per­so­ne wat doel­loos ver­toef aan te spreek.

Die om­hei­ning van Ri­vers­dal-be­graaf­plaas is in fa­ses op­ge­deel en is die fi­na­le fa­se tans on­der­weg: 1. Grond­op­per­vlak­te af­wer­king; 2. Pla­sing van lem­me­tjies­draad; 3. Ver­vaar­dig en in­stal­le­ring van vyf hek­ke by die on­der­skeie in­gan­ge.

Le­de van die ge­meen­skap word ver­soek om e­ni­ge in­lig­ting ra­ken­de ver­niel­sug aan die mu­ni­si­pa­li­teit te rap­por­teer so­dat dit ver­der on­der­soek kan word. Die sin­ne­lo­se be­ska­di­ging van e­ni­ge o­pen­ba­re ba­te soos ver­keers­te­kens, sub­sta­sies, a­blu­sie­ge­rie­we, o­pen­ba­re par­ke (wat be­graaf­pla­se in­sluit) is ‘n groot kom­mer, want die her­stel­werk plaas ‘n on­no­di­ge las op die be­las­ting­be­ta­ler ter­wyl die geld eer­der aan­ge­wend kon word om ver­de­re fa­si­li­tei­te aan te bring, eer­der as her­stel­werk. Wen­ke wat lei tot skul­dig­be­vin­ding van die oor­tre­ders kan be­loon word.

Die be­graaf­plaas is tans net langs die kan­te om­hein, maar die res be­hoort in die na­bye toe­koms vol­tooi te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.