Brug ge­vaar­lik om oor te steek na re­ën

Suid-Kaap FORUM - - Nuus -

S­TIL­BAAI Met die goeie re­ën wat die af­ge­lo­pe tyd in die streek ge­val het, is die laag­wa­ter­brug op die K­lip­fon­tein/ Melk­hout­kraal-pad wat van­af die R305 af­draai, ge­reeld on­der wa­ter.

Vol­gens ‘n in­wo­ner wat daag­liks van die pad moet ge­bruik maak, is dit ‘n ge­vaar­li­ke si­tu­a­sie om­dat mo­to­ris­te moet raai waar die pad is. “Die se­ment­paal­tjies wat ge­rui­me tyd ge­le­de af­ge­breek is, is steeds nie her­stel nie, so mens neem maar ‘n kans om oor te steek.”

By na­vraag het E­den-dis­trik s mu­ni­si­pa­li­teit se uit­voe­ren­de be­stuur­der: paaie, Hans Ot­ter­van­ger, be­ves­tig dat die oor­tre­der nie aan­ge­keer is nie en dat be­oog word om die stuk­ken­de paal­tjies ge­du­ren­de hier­die maand (Ok­to­ber) te her­stel.

Die laag­wa­ter­brug op die K­lip­fon­tein/Melk­hout­kraal-pad waar die se­ment­paal­tjies nog nie her­stel is nie. Fo­to met ver­gun­ning A­brie Wil­lem­se, K­lip­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.