Wes­sa stap Gou­rits­roe­te

Suid-Kaap FORUM - - Nuus -

GOU­RITS­MOND Wes­sa-le­de van E­den het on­langs Gou­rits­ri­vier Be­wa­rings­trust se 3 km-stap­roe­te gaan stap.

Die 60 le­de het die dag ter­deë ge­niet. Die weer het goed saam­ge­speel om van die dag ‘n ont­hou­dag te maak.

I­sa­bel Swart het die groep na­mens Gou­rits­mond wel­kom ge­heet. Ds. Pie­ter Fran­z­sen het ver­tel hoe die vier stap­roe­tes ont­staan het. Dit is die tuis­te van min­stens 14 spe­sies van be­dreig­de plan­te. ‘n Voor­beeld van die Gou­rits­mond steek­haar­bos (Col­lu­mia) is ge­wys. “Ons is baie be­voor­reg om so ‘n ver­skei­den-heid van strand- en ri­vier kus­veld, ruig­te­woud van dui­ne bos­veld en fyn­bos van oor­gangs-, dui­ne- en pro­te­a­fyn­bos langs ons vier stap­roe­tes te hê,” het die le­de ge­sê.

Ed­win But­ler het spe­sies van kal­krant­pro­te­as wat in rooi, pienk en wit voor­kom, ver­toon. Hy het ook sy ken­nis oor die me­di­si­na­le ge­bruik van die ver­skil­len­de plan­te ge­deel. Na hier­die in­sig­ge­wen­de praat­jie het drie veld­wag­ters van Frans­mans­hoek die stap­pers as gid­se ver­ge­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.