Tel jou vul­lis op

Suid-Kaap FORUM - - Briewe | Letters -

Hugo Ziets­man , Gou­rits­mond:

Dit is nou weer ein­de-van-die-jaar sei­soen en ek glo dat, soos in die ver­le­de baie men­se weer na Gou­rits­mond sal kom vir dag­uit­stap­pies en­so­voorts.

Ek bly in Gou­rits­mond en stap ge­reeld langs die kus en dan tel ek maar die vul­lis op wat uit­spoel, meest­al neem ek aan kom van ver­by­gaan­de ske­pe af, maar daar is ook in­kom­mers wat nie hul­le eie af­val óf in die drom­me plaas nie, óf nie saam met hul­le te­rug­neem nie.

Ek het ‘n paar fo­to's aan­ge­heg wat ek Son­dag 1 Ok­to­ber so teen 06:30 ge­neem het by die plek wat ons die gruis­gat noem. Ek en my vrou het Don­der­dag­og­gend daar ge­stap. Toe het ons vul­lis op­ge­tel en weet die plek waar ek die aan­ge­heg­te fo­to's ge­neem het, was skoon.

Die mu­ni­si­pa­le ge­bied op Gou­rits­mond hou op waar die grond­pad be­gin en die par­keer­plek­ke ver­der langs die see af word nie op ‘n ge­reel­de plan deur mu­ni­si­pa­le wer­kers skoon­ge­hou nie.

So, die men­se wat hier kom kui­er, moet in­ge­lig word dat dit nie werk­skep­ping is om te mors nie.

Die aan­ge­heg­te fo­to's is ge­neem na wat men­se se­ker Sa­ter­dag ge­doen het. Op die een fo­to het ek pro­beer wys dat die ge­mors so 15 me­ter van­af ‘n groot vul­lis­drom ge­los is. Die drom­me is daar vir vul­lis - moet as­se­blief ook nie bot­tels breek nie.

Dié spe­si­fie­ke deel is slegs ‘n paar dae ge­le­de skoon­ge­maak. IN­LAS: Drank­bot­tels lê o­ral ge­strooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.