Be­ken­de dood in huis ge­vind

Suid-Kaap FORUM - - News -

ALBERTINIA Die plaas­li­ke po­li­sie het Sa­ter­dag 28 Ok­to­ber on­der­soek gaan in­stel na­dat hul­le ‘n klag­te ont­vang het van ‘n per­soon wat ver­moe­de­lik dood is by Zout van die Aar­de-plaas, Zout­pan in die Albertinia-dis­trik. Die oor­le­de­ne, S­ha­ron Lee Be­ster is dood in die huis aan­ge­tref. Haar voer­tuig, ‘n wit Landro­ver was ver­mis, so­wel as haar skoot­re­ke­naar, ta­blet en sel­foon, maar met puik on­der­soek­werk is dit reeds te­rug­ge­vind. By­ko­men­de sa­ke is ge­o­pen van huis­braak en dief­stal, as­ook mo­tor­dief­stal. "Een ver­dag­te is ge­ar­res­teer en die ge­steel­de i­tems is in sy be­sit ge­vind. Hy het die ge­leen­heid ge­sien en die i­tems ge­neem," sê sers. Cis­ka Ba­den­horst, me­di­a­woord­voer­der. Die na­dood­se on­der­soek-uit­slae is nog uit­staan­de. Die on­der­soek duur voort.

Wy­le S­ha­ron Lee Be­ster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.