‘n Sie­raad vir die he­mel

Suid-Kaap FORUM - - News -

S­TIL­BAAI Dirk B­rits, ei­e­naar van die be­ken­de re­stau­rant, On the Rocks, se troos­diens het Vry­dag van­uit die NG Kerk op die dorp plaas­ge­vind. B­rits is vroeg­og­gend Dins­dag 24 Ok­to­ber aan ‘n hart­aan­val oor­le­de. Hy is ‘n ge­bo­re P­re­to­ri­a­ner, maar die ge­sin het on­ge­veer in die jaar 2000 na S­til­baai ver­huis. Hy was al die ja­re op ver­skeie plek­ke by slag­hui­se en re­stau­ran­te be­trok­ke, waar­on­der P­re­to­ria, Gou­rits­mond, Jef­freys­baai en laas­te S­til­baai. Vol­gens sy seun, Ja­co, was sy pa glad nie siek­lik nie en kom dit as ‘n groot skok. Hy het aan Suid-Kaap Forum ge­sê dat sy pa net baie hard ge­werk het. "Maar nou kan pa rus," het hy in die troos­brief ge­sê. "Jy was so spe­si­aal en het my baie din­ge ge­leer, ver­al om goed te wees vir an­der men­se." Sy dog­ter, Ri­han­da Ja­cobs, het ge­sê dat B­rits die won­der­lik­ste ou­pa was wat haar kin­ders ge­had het .... "en nog al­tyd in hul­le dro­me sal bly." In haar hul­de­blyk het sy vrou, Ja­ne, hom be­dank vir sy lief­de en on­baat­sug­ti­ge ver­sor­ging en be­sker­ming oor al die ja­re. "Ek mis jou ge­wel­dig baie."

Wy­le Dirk B­rits

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.