S­tap vir kan­ker en bly self ge­sond

Suid-Kaap FORUM - - News -

RIVERSDAL Die tyd het weer aan­ge­breek vir die jaar­lik­se Kan­sa Re­lay for Li­fe wat van­jaar van­af Sa­ter­dag 11 tot Son­dag 12 No­vem­ber plaas­vind. Ou­der­ge­woon­te is die amp­te­li­ke af­skop­tyd 18:00 op Sa­ter­dag, hoe­wel span­ne heel­wat vroe­ër moet op­daag om hul stal­le­tjies vir die ge­leent­heid op te slaan en voor te be­rei. Die ver­rig­tin­ge duur tot 06:00 Son­dag­og­gend, met ‘n vol­ge­prop­te deur­nag­pro­gram om al­mal wak­ker te hou. Die hoog­te­punt van dié by­een­koms is na­tuur­lik wan­neer die ker­se in die lu­mi­na­ri­a­sak­kies aan­ge­steek word, ter na­ge­dag­te­nis aan al­le kan­ker­veg­ters wat hul stryd teen dié siek­te ver­loor het, maar ook aan die kan­ker oor­win­naars en die­ge­ne wat steeds teen kan­ker veg. In­dien jy dus nog nie ‘n span in­ge­skryf het nie, doen dit som­mer van­dag nog. Dit gaan jou slegs R60 per span­lid uit die sak jaag, wat ‘n lu­mi­na­ri­a­sak­kie in­sluit. In­di­vi­due is ook wel­kom om in te skryf. In­dien jy nie wil deel­neem nie, kan jy as ‘n dag­be­soe­ker gaan teen slegs R50. Vir meer in­lig­ting kon­tak Elf­rie­da Pie­ter­se by 072 374 8025 of e-pos haar by elf­rie­da. pie­ter­se@gmail.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.