Po­li­sie lê be­slag op dwelms

Suid-Kaap FORUM - - Wetstoepassing -

AL­BER­TI­NIA In­lig­ting wat op­ge­volg is op Sa­ter­dag 4 No­vem­ber om 21:00 van ‘n be­sen­ding dwelms wat in die dorp in­ge­kom het, het daar­toe ge­lei dat po­li­sie­le­de 'n per­seel in T­herons­vil­le ge­vi­sen­teer en be­slag op 'n groot hoe­veel­heid i­tems ge­lê het: • 68 ban­kies dag­ga • 42½ Man­drax ta­blet­te • 13 stop­pe dag­ga • 12 ban­kies tik • 37 strooi­tjies be­vat­ten­de tik Twee per­so­ne is ge­ar­res­teer vir han­del en be­sit van dag­ga, tik en Man­drax. Die skof­be­vel­voer­der, a.o. Ja­co­le­ne van der Bergh en sta­sie­be­vel­voer­der, kapt. Su­san Bo­tha prys die le­de van D-skof vir hul­le flink op­tre­de wat tot die groot be­slag­leg­ging en ar­res­ta­sies ge­lei het. Die ar­res­ta­sie­be­amp­tes is konst. T­han­di Plaat­jie en sers. Dan­vil­le Prins.

Die dwelms waar­op be­slag ge­lê is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.